Kom kuier saam met Klyntji en die Jakes Gerwel Stigting by die Suidoosterfees

Grafika: Drianco Fourie
Check hierdie lineup!
Hardop is vir die eerste keer in 2006 in Stellenbosch aangebied deur Kabous Meiring, Schalk Joubert, Toast Coetzer en Ramon Alexander, onder andere. Oor die jare het verskeie digters by die geselskap aangesluit, en vanjaar is Hardop terug met ’n moerse bang — dié keer by Suidoosterfees in Kaapstad.
Met Kabous as MC, ’n digter-lineup soos min en Churchil Naudé en die Kaappunters wat die musikale pas aangee, is jy in vir ’n ding. Dankie, Jakes Gerwel Stigting, dat julle vir Klyntji ’n stoel nader trek aan die tafel, en aan die betrokke uitgewers — Tafelberg, Kwela Boeke, Imprimatur en Botsotso Books — wat saam met ons lief is vir boeke en digters en digkuns.
Kom kuier saam op 2 Mei om 17:00 by die Netwerk24 Feeskafee. Toegang is gratis, mits jy vooraf jou plek via WebTickets bespreek; kontantkroeg beskikbaar.
Loer hier na die program vir die Jakes Gerwel-gespreksreeks (alles mahala!) en hier na die res van die Suidoosterfees-program. Lees meer oor die Hardop-lineup hier onder.
Churchil Naudé en die Kaappunters
Die Afrikaanse rockgroep Die Kaappunters is ’n projek van Riku Lätti en sy vrou Jackie, in samewerking met vervaardiger en kitaarspeler Willem Möller; Afrikaanse rapper en digter Churchil Naudé; dromspeler Jean “Tunes” Marais; en Mark Louis Ellis op baskitaar. Die Kaappunters is gebore toe ’n beplande Gereformeerde Blues Band-toer weens Covid-beperkings gekanselleer is en tyd en isolasie tuis gelei het tot ’n reeks nuwe Afrikaanse rockliedjies wat die beste beskryf kan word as melodiese, komiese, politieke satire.
The Afrikaans rock band, Die Kaappunters, is a project by Riku Lätti and his wife Jackie, in collaboration with producer and guitarist Willem Möller, Afrikaans rapper and poet Churchil Naudé, rising star drummer Jean “Tunes” Marais, and Mark Louis Ellis on bass. Die Kaappunters were born after Covid restrictions cancelled a planned Gereformeerde Blues Band tour, and time and isolation at home meant the birth of a bunch of new Afrikaans rock songs best described as melodic, comedic, political satire.
Danie Marais
Danie Marais is ’n digter, vryskutjoernalis, taalpraktisyn, musiekskrywer en omroeper. Sy debuutdigbundel In die buitenste ruimte (Tafelberg, 2006) ontvang die Ingrid Jonker-, Eugène Marais- en UJ-debuutprys. Aan sy tweede digbundel Al is die maan ’n misverstand (Tafelberg, 2009) is die South African Literary Award (SALA) vir Afrikaanse poësie toegeken. ’n Derde digbundel Solank verlange die sweep swaai is in 2014 deur Tafelberg uitgegee. In 2024 verskyn ’n nuwe digbundel Ek en jy bestaan nie by Tafelberg. Sy rubriek- en essaybundel Pruimtwak en skaduboksers (Tafelberg, 2015) het die kortlys van twee toekennings behaal, insluitend die SALA Nadine Gordimer Short Story Award.
Danie Marais is a poet, freelance journalist, language practitioner, music writer, and broadcaster. His debut poetry collection In die buitenste ruimte (Tafelberg, 2006) received the Ingrid Jonker Prize, Eugène Marais Prize, and UJ Debut Prize. His second collection Al is die maan ’n misverstand (Tafelberg, 2009) was awarded the South African Literary Award (SALA) for Afrikaans poetry. A third collection Solank verlange die sweep swaai was published by Tafelberg in 2014. His latest poetry collection Ek en jy bestaan nie was released by Tafelberg in 2024. His collection of columns and essays Pruimtwak en skaduboksers (Tafelberg, 2015) was shortlisted for two awards, including the SALA Nadine Gordimer Short Story Award.
Fourie Botha
Fourie Botha het die afgelope 20 jaar in uitgewerskantore gewerk – die laaste nege as Penguin Random House se fiksie-uitgewer. Onder drukname soos Umuzi het hy en sy span redakteurs die werk van menige bekende Suid-Afrikaanse skrywers uitgegee en tientalle debuutskrywers tot publikasie begelei. Sy publikasies by Penguin en Umuzi het vir agt jaar in ’n ry Suid-Afrika se belangrikste Engelse boekprys, die Sunday Times-prys, ingepalm. Hy werk in beide Afrikaans en Engels en was ook vir twee jaar deel van ’n internasionale dinkskrum van redakteurs. Verder het hy die wêreld se belangrikste boekebeurse in Londen en Frankfurt bygewoon om regte te verkoop. Fourie het in die verlede op die raad van die kinderboekorganisasie IBBY gedien en hy is tans ondervoorsitter van Khula Cape, ’n stigting vir die bevordering van letterkunde, die kunste en die omgewing. Fourie is self ook ’n digter met twee digbundels, Donkerkamer en Krap uit die see, op sy kerfstok. Sy debuutbundel is vir die Ingrid Jonker-prys benoem.
Fourie Botha has worked in publishing offices for the past 20 years – the last nine as the fiction publisher at Penguin Random House. Under imprints such as Umuzi, he and his team of editors published the work of many well-known South African authors and guided dozens of debut writers to publication. For eight consecutive years, his publications at Penguin and Umuzi won South Africa’s most prestigious English book award, the Sunday Times Prize. He works in both Afrikaans and English and was part of an international editorial think tank for two years. He has also attended the world’s most important book fairs in London and Frankfurt to sell rights. Fourie previously served on the board of the children’s book organisation IBBY and is currently the vice-chairperson of Khula Cape, a foundation that promotes literature, the arts, and the environment. He is also a poet, with two poetry collections – Donkerkamer and Krap uit die see – to his name. His debut collection was nominated for the Ingrid Jonker Prize.
Kabous Meiring
Kabous Meiring is ’n aanbieder, vervaardiger en regisseur. Sy tree ook op as MC en fasiliteerder van gesprekke. In 2006 bied sy en ’n paar ander die eerste Hardop aan op Stellenbosch in die Klein Libertas-teater, met onder andere Schalk Joubert, Toast Coetzer en Ramon Alexander. In 2008 sluit digters soos Finuala Dowling by hulle aan. Sy beskou dit as ’n voorreg om in 2025 Hardop by die Suidoosterfees aan te bied.
Kabous Meiring is a presenter, producer, and director. She also acts as an MC and conversation facilitator. In 2006, she and a few others hosted the first Hardop event in Stellenbosch at the Klein Libertas Theatre, featuring artists such as Schalk Joubert, Toast Coetzer, and Ramon Alexander. In 2008, poets like Finuala Dowling joined the lineup. She considers it a privilege to present Hardop at the Suidoosterfees in 2025.
Khadija Tracey Heeger
Khadija Tracey Heeger is ’n aardbewoner, mens, digter en aktrise. Sy het tot dusver twee digbundels gepubliseer, Beyond the delivery room (2013) en Thicker than sorrow (2022).
Khadija Tracey Heeger is an earthling, human, poet, and actress. She has published two poetry collections, Beyond the delivery room (2013) and Thicker than sorrow (2022).
Kirsten Deane
Kirsten Deane is ’n digter, navorser en eienaar van ’n NRO. Haar werk is in verskeie publikasies, nasionaal en internasionaal, opgeneem, insluitend Notes from the body, ’n versameling reflektiewe en kreatiewe stukke oor die ervarings van mense met gestremdhede. Sy was al ’n gasspreker by verskeie konferensies, insluitend die 8ste International Symposium of Poetic Inquiry, en het ’n werkswinkel oor poëtiese ondersoek aangebied tydens die 28ste Performance Studies International Conference aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 2024 was sy mede-fasiliteerder by kreatiewe skryfwerkswinkels vir gesondheidswerkers en mense met gestremdhede aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is ook deel van die Red Wheelbarrow Poetry Collective, ’n organisasie wat digters van regoor die wêreld verwelkom. Kirsten werk tans aan haar solodigbundel, wat in 2025 gepubliseer sal word.
Kirsten Deane is a poet, researcher, and NGO owner. Her work has been featured in numerous publications, nationally and internationally, including Notes from the body, a collection of reflective and creative pieces focused on the disability experience. She has been a guest speaker at multiple conferences, including the 8th International Symposium of Poetic Inquiry, and she presented a Poetic Inquiry workshop at the 28th Performance Studies International Conference at the University of Witwatersrand. In 2024, she co-facilitated creative writing workshops between healthcare workers and individuals living with disabilities at the University of the Western Cape. She is also a part of the Red Wheelbarrow Poetry Collective team, a poetry organisation that hosts poets from all around the world. Kirsten is working on her solo poetry collection that will come out in 2025.
Martina Klopper
Martina Klopper is in Reitz in die Vrystaat gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem. In 1999 behaal sy ’n musiekgraad aan die Universiteit van Pretoria en in 2008 haar MA-graad in skeppende skryfwerk onder leiding van Joan Hambidge aan die Universiteit van Kaapstad. Haar debuutbundel Nadoodse ondersoek verskyn in 2010 as uitvloeisel van haar MA-tesis. In 2024 verskyn haar tweede solobundel Kuborg. Van haar gedigte is opgeneem in die versamelbundels Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Vers en vrou en Merang wat in Mei 2025 verskyn. Sy woon in Koringberg en is tans werksaam as ’n data- en besigheidsanalis in die finansiële dienstesektor in Kaapstad.
Martina Klopper was born in Reitz in the Free State and matriculated from High School Voortrekker in Bethlehem. In 1999, she obtained a music degree from the University of Pretoria, and in 2008, she completed her Master’s in creative writing under the supervision of Joan Hambidge at the University of Cape Town. Her debut poetry collection Nadoodse ondersoek was published in 2010 as an extension of her MA thesis. Her second solo collection Kuborg was released in 2024. Her poetry has been featured in anthologies such as Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Vers en vrou, and Merang, which will be published in May 2025. She currently lives in Koringberg and works as a data and business analyst in the financial services sector in Cape Town.
Nixon Mateulah
Nixon Mateulah is in Lilongwe, Malawi gebore en het in 1996 na Suid-Afrika verhuis. Sy skryfwerk verskyn in New Coin, Munyori, Jungle Jim, Storymoja, Aerodrome, Kalahari Review, Tuck Magazine, Stanzas Magazine, Paulet House Stories, A Too Powerful Word Magazine, Nkgwana Magazine, Africa Poetry Magazine en die Euphoria Poetry Anthology. In 2022 is hy as een van vier kandidate gekies om aan die Jakes Gerwel Stigting se skrywersmentorskapprogram deel te neem. Sy gedig ‘Don’t remind me’ het in 2024 die eerste prys in die Africa Poetry Magazine Contest #1 gewen. Van sy gedigte verskyn onder die skuilnaam Chichichapatile Mangochi. Hy voltooi vanjaar sy meestersgraad in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Nixon Mateulah was born in Lilongwe, Malawi, and moved to South Africa in 1996. His writings have appeared in New Coin, Munyori, Jungle Jim, Storymoja, Aerodrome, Kalahari Review, Tuck Magazine, Stanzas Magazine, Paulet House Stories, A Too Powerful Word Magazine, Nkgwana Magazine, Africa Poetry Magazine, and Euphoria Poetry Anthology. In 2022, he was chosen as one of four candidates to participate in the Jakes Gerwel Foundation’s writing mentorship programme. His poem ‘Don’t remind me’ won first place in Africa Poetry Magazine Contest #1 in 2024. Some of his poems appear under the pseudonym Chichichapatile Mangochi. He is completing his Master’s in creative writing this year at the University of the Western Cape.
Paul Kammies
Paul Kammies is ’n literatuurstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy is besorgd. Hy het al resensies vir die kuns- en vermaaklikheidsektor geskryf en geniet teaterbywoning. Tans dink hy daaraan om te skryf; hopelik kom daar binnekort iets daarvan … Hy beskou die kunste as ’n wetenskap wat ons help om die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings te verstaan en hy ondersoek dit deur literatuur. Hy is een van die Afrikaanse redakteurs by New Contrast Literary Journal.
Paul Kammies is a literature student at the University of the Western Cape. He is concerned. Paul has written reviews for the arts entertainment sector and takes delight in theatre-going. At the moment, he is thinking about writing. Hopefully something will come of it soon *eye-eye emoji*. He thinks of the arts as a science which helps us understand the density of interpersonal relationships, and explores that through literature. He is one of the Afrikaans editors at New Contrast Literary Journal.
Ryan Pedro
Ryan Pedro het in 2021 gedebuteer met pienk ceramic-hondjies, wat met die UJ-debuutprys en Ingrid Jonker-prys bekroon is. Hy het die afgelope vyf jaar op die beoordelaarspanele gedien van onder meer die UJ-prys en kykNET-Rapportprys. Hy werk ook as storielyner en draaiboekskrywer op verskeie televisiereekse. Sy tweede digbundel Prins verskyn in April van hierdie jaar.
Ryan Pedro made his debut in 2021 with pienk ceramic-hondjies, which was awarded the UJ Debut Prize and the Ingrid Jonker Prize. Over the past five years, he has served on judging panels for awards such as the UJ Prize and the kykNET-Rapport Prize. He also works as a storyliner and scriptwriter for various television series. His second poetry collection Prins will be released in April this year.
Sindiswa Busuku
Sindiswa Busuku is ’n kreatiewe skrywer en ’n dosent in die Departement Engels aan die Universiteit van Kaapstad. Sy het in Durban grootgeword. Sy het verskeie gedigte in plaaslike en internasionale poësietydskrifte gepubliseer. In 2016 het sy haar debuutbundel Loud and yellow laughter (Botsotso) gepubliseer – ’n genre-oorskrydende samestelling van foto’s, prosa en poësie wat eksperimenteer met verbeelding, geheue en dokumentasie. Sy is die hoofredakteur van New Contrast Literary Journal. In 2015 is sy met die tweede plek in die Sol Plaatje Europese Unie Poësietoekenning bekroon. Haar werk is op die kortlys geplaas vir die 2016-Gerald Kraak-toekenning vir Afrikaskrywers en -kunstenaars, die 2016-Universiteit van Johannesburg-prys vir Suid-Afrikaanse skryfwerk in Engels en op die langlys vir die 2018-Geestes- en Sosiale Wetenskappe-toekenning. Loud and yellow laughter is die wenner van die 2018-Ingrid Jonker-prys vir poësie. Sy is tans besig met ’n PhD in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van die Witwatersrand, nadat sy ’n doktorsbeurs van die National Institute for Humanities and Social Sciences ontvang het. Haar proefskrif And, in those honeyed regions of darkness is ’n eksperimentele werk van poëtiese fiksie wat handel oor die krisis van Swart geskiedenisse en toekomsmoontlikhede.
Sindiswa Busuku is a creative writer and a lecturer in the Department of English Literary Studies at the University of Cape Town. She grew up in Durban. She has published various poems in local and international poetry journals. In 2016, she published her debut collection titled Loud and yellow laughter (Botsotso) – a cross-genre assemblage of photographs, prose, and poetry experimenting with imagination, memory, and documentation. She is the Editor-in-Chief of New Contrast Literary Journal. She was awarded second prize for the 2015 Sol Plaatje European Union Poetry Award. Her work was shortlisted for the 2016 Gerald Kraak Award for African Writers and Artists, the 2016 University of Johannesburg Prize for South African Writing in English, and longlisted for the 2018 Humanities and Social Sciences Award. Loud and yellow laughter is the winner of the 2018 Ingrid Jonker Prize for poetry. Having been awarded a doctoral scholarship by The National Institute for Humanities and Social Sciences, she is currently reading for a creative writing PhD at the University of Witwatersrand. Her doctoral dissertation And, in those honeyed regions of darkness is an experimental work of poetic fiction stalked by the crisis of Black histories and futurities.
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Kom kuier saam met Klyntji en die Jakes Gerwel Stigting by die Suidoosterfees gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.