Terry-Ann Adams se memoir-roman, Those Who Live in Cages
Foto: Verskaf deur Jacana Media

Foto: Verskaf deur Jacana Media

Eldorado Park: 'I am the people and the people are me'

Good afternoon and good morning, let me introduce myself.
I am Mapelaberg all the way down to Johnsons Stop.
I am the Main Road and Union Road and Silver Street and Buckingham Road.
I am Neersteenstraat and Jones Street and Jewelstraat and Florida Avenue.
I am the Fire Station right up until the Post Office.
I am Shoprite and Dunns and Pep and the closed Discom.
I am Something Fishy and Nando’s and Jivans in Extension Six.
I am the Sentrum and Jameela Centre and the Spar in the Nine and the Two.
I am the closed ABC and every shop owned by Mary-Anne and her family.
I am a Shaheed’s mutton bunny and chips from Spar.
I am two loaves of sliced bread, a polony special and an AK47.
I am sugar from next door and an onion and a loose tea bag.
I am the AGS church and the two Catholic churches.
I am the Old Apostlic Church and the new. I am the SDA churches and the Masjit in extension one.
I am the Pinkster church and the myriad churches named after some weird part of the Jesus story. […]
I am Eldridge and Boekenhout, Dickenson and die Blou skool. I am Pop se skool and Missouri High, Eldomaine and Goudpark.
I am the children singing “Eldocrest poephol bles” and “Cavendish pap and fish”.
I am the scholar patrol and the pro artes concerts.
I am the inter primary and the inter high.
I am the blue uniforms from Parkdale and the red ones from EW Hobbs.
I am the athletes from Kliptown High and the teachers from McBain Charles. […]
I have seen children born and die too early. I have seen parents shout when the streetlights go on.
I hear the sounds of the dice as it hits the pavement.
I am the smell of Cobra polish and new paint after Christmas bonuses get paid in.
These are the things that make me, me.
So welcome and enjoy your time here as you walk down my dusty streets, play drie blikkies with my children, have a dagwood and listen to Blue Magic.
Welcome to Eldorado Park.


Met hierdie woorde word Eldorado Park aan die woord gestel in Terry-Ann Adams se debuut, Those Who Live in Cages (2020, Jacana Media), ’n fiksie-memoir oor die skrywer se grootwordjare in dié Johannesburgse woonbuurt. Die veeltalige teks is gesentreer rondom vyf vrouekarakters wat volgens die skrywer gebaseer is op ’n versameling van haar persepsies en ervaringe van haar familielede, vriende en bure in Eldorado Park.

Eldorado Park is in 1965 gestig toe die grond onder die Groepsgebiedewet aangewys is aan persone wat deur die apartheidregering as Bruin geklassifiseer is. Die woonbuurt, wat in 1970 deel van Johannesburg geword het, huisves ’n kultureel-diverse gemeenskap wat in Adams se teks nie net as die agtergrond dien waarteen die stories van vyf vroue vertel word nie. Die omgewing van Eldorado Park tesame met die gemeenskapskultuur, word ook tot so ’n mate deur die skrywer gepersonifiseer dat dit as’t ware op sigself lewe aanneem om as alleenstaande karakter te funksioneer.

“I am the biduurs on Wednesdays and the churches in people’s yards,” skryf Adams namens Eldorado Park. “I am the veld behind Shoprite and veld in the skoon seven. I am the tennis court and all the swimming pools. I am Masons and Kippie and Lennie’s Tavern. I am An Dot and every street corner that has ever seen teenagers kissing.”

Die idee dat ’n ruimte of ’n plek as karakter funksioneer, is ’n literêre tegniek wat in heelwat tekste opgemerk kan word. In hierdie tipe tekste lok die landskap tot so ’n mate persoonlike reaksies by die leser uit — wat dikwels met herinneringe van trauma te make het — dat die tasbare omgewing daardeur self tot lewe geroep word. In sy artikel, ’n Bosluis, Billy the Kid en Coenraad de Buys: Die Spore van Legendes in die Veld (2013), ondersoek Willem Anker hierdie fenoneem in literatuur, en hy vra af tot watter mate mense, asook historiese karakters, deur die landskap waarbinne hulle leef en waarteen hulle geskets word, gevorm word. Anker voer aan dat die navorsingsreis om karakters uit ’n bepaalde omgewing te ontgin, sodoende nie van die sintuiglike ervaringe van die landskap losgemaak kan word nie. Deur die personifisering van Eldorado Park in Those Who Lives in Cages, tesame met die gelykstelling van die karakters aan die landskap, spreek Adams ook tot hierdie verband tussen die omgewing en die impak wat dit het op die mense wat daardeur gehuisves word.

Ná die inleiding tot die boek, wat terselfdertyd dien as die leser se bekendstelling aan Eldorado Park as beide ruimte en karakter, skuif die fokus na die hoofkarakters: Bertha, Janice, Raquel, Laverne en Kaylynn. Hierdie karakters word direk gelykgestel met Eldorado Park. “I am Bertha, the 40-something-year-old grandmother of one who has just left her abusive husband. I am Kaylynn, the optimistic Matriculant who lives in the shadows of innocence and on the brink of discovery. I am Laverne, the young mother with nothing but hope and a Bible verse, unaware of the burden of knowledge. I am Raquel, the one who cannot afford to lose what I’ve worked for – the drive and ambition of a woman who has seen it all. I am Janice, my reputation coats the room with a stench of untruth. I am the ghost of every neglected teenage girl, haunting the dreams of churchgoing mothers.”

En dan, uiteindelik: “I am the people and the people are me.”

Dié vyf karakters is aan mekaar verbind deur familie, vriendskap en die gedeelde gemeenskap van Eldorado Park. Hoewel elkeen van die vroue ’n gelyke hoeveelheid narratiewe agentskap geniet, kan Bertha as die sentrale karakter beskou word wat as die verbindingspunt met die ander vier vroue dien. Bertha, ’n ma van drie en ouma van een, het pas die jarelange nagmerrie van ’n geweldadige huwelik ontsnap net om die volgende nagmerrie in die oë te staar — haar oudste seun is aan dwelms verslaaf, terwyl haar jongste dogter, Janice, haar grys hare gee, en haar oudste dogter, Raquel, ontdek dat die lewe buite Eldorado Park nie sonder uitdagings is nie. Janice se niggie, Laverne, trek ook by hulle in sodat sy kan studeer terwyl haar ma na haar drie-jarige kind omsien. Janice se beste vriendin en mede-matrikulant van die huis langsaan, Kaylynn, neem die posisie in van buitestander en sy raak die toeskouer van die drama wat by haar bure ontvou.

Alhoewel die temas in Those Who Live in Cages te make het met huishoudelike geweld, dwelmverslawing, vrouemishandeling en armoede, skryf Adams op ’n humoristiese wyse daaroor, wat juis die impak van hierdie kwessies met somber, sardoniese trefkrag onderstreep. Volgens Adams het sy die boek geskryf om die stories te vertel van Bruin vroue, buite Kaapstad, as ’n onderverteenwoordigde gemeenskap wat dikwels die meeste beïnvloed word deur sistemiese onderdrukking. Verder wou sy die stories van haar karakters vertel om te wys op die genuanseerde ervaringe van blydskap en pyn wat die Eldorado Park-gemeenskap ervaar, bo en behalwe die gereelde uitbeelding van dwelmverslawing en geweld in die woonbuurt. Deur die skryf van die boek poog die skrywer om die realistiese ervaringe van die jong mense wat in Eldorado Park grootword, te dokumenteer. Adams meen dit is belangrik vir skrywers om die stories van karakters uit gemarginaliseerde gemeenskappe te vertel, en dat sy wou bydra tot die argief van Coloured literature, soos sy dit benoem, gedurende ’n tydperk waartydens gesprekke rondom Suid-Afrikaanse fiksie oor inklusiwiteit en verteenwoordiging handel. Deur die vyf verskillende eerstepersoonvertellings van dié groep vroue skep Adams ’n no-bullshit teks oor identiteit en familie; oor vroue in Eldorado Park wie se stories selde só eerlik en intiem vertel word.

Deur die vyf verskillende eerstepersoonvertellings van dié groep vroue skep Adams ’n no-bullshit teks oor identiteit en familie; oor vroue in Eldorado Park wie se stories selde só eerlik en intiem vertel word.
— Elodi Troskie

Aansienlike gedeeltes van die teks is in Engels geskryf, hoewel Bertha se vertellings opmerklik slegs in Afrikaans gestalte aanneem. Bertha se karakter het aanvanklik die lig gesien in ’n gedig getiteld ‘EK WERK MY GAT AF’, geïnspireer deur Adams se tannie, wat die skrywer ná die publikasie van die boek op Twitter gedeel het. Hoekom is Bertha se karakter in Afrikaans geskryf? “It was very important to me to stay true to the women that Bertha represents and those women speak Afrikaans,” het Adams gesê oor haar besluit om dié karakter se dialoog en gedagtegang in Afrikaans te skryf. ’n Verdere antwoord wat die skrywer voorheen uitgelig het op hierdie vraag, soos oorspronklik verwoord deur Niki Igbaroola, is dat sommige boeke daaronder ly om in Engels geskryf te word. “Sometimes colonial languages cannot carry our stories.”

Sometimes colonial languages cannot carry our stories.
— Niki Igbaroola

Those Who Live in Cages het die Sunday Times CNA Literary Awards 2021-langlys gehaal. Die boek is deur Jacana Media se welbekende uitgewer, Nadia Goetham, uitgegee. Goetham is vroeër vanjaar aan Covid-19-komplikasies oorlede.

Lees hier verder aan ’n uittreksel uit die boek (bl. 17—19) wat die vorm aanneem van ’n telefoongesprek tussen Bertha en haar ma:


Ek bel elke weekend Mammie, elke weekend. Hoekom is Mammie nou kwaad vir my? Ek verstaan Mammie. Ek sal vir Keagan stuur. Laverne bly nou hier – Laverne, Melba se kind.

Wag Mammie daars ’n rede hoekom ek gebel het. Ek wil vir Mammie sê van Keagan se kind se ma. Ek het gedink hulle is all fine en lovey-dovey, toe kom sy gister hier in my jaard en kom vloek en skel vir Keagan hier uit. Sy het nog die nerve om stront te versprei. Ja Mammie, ek wou haar ’n moerse klap gegee het. Hulle het my net gekeer. Ek maak nie grappe nie Mammie. Attie moes my net hou. Sy steek my mos in die skande man, en dié voor die hele straat en voor Virgil en Emelia. Sy kom sê vir my Keagan is op drugs en hy steel uit hulle huis uit. Kan Mammie dit glo? Drugs! Drugs en diefstal. I cannot believe it. Nee hel, sy soek seker net weer geld uit hom uit, en Mammie weet die kind werk nie.

Dis elke week ’n nuwe bakleiery. Ek glo haar stories nie meer nie. Hulle sê reeds sy is op drugs, nou kom accuse sy vir Keagan. Ek gaan haar nog nie een hou mis slat nie. Mammie moet nie lag nie. Elke weekend is dit ’n nuwe storie met die meisiekind. Eers was dit Keagan slaan vir haar. Nou is dit Keagan is op drugs.

Die kinders van my maak my so moeg, Mammie. Janice bly net uit soos sy wil en Keagan kom en gaan ook net soos hy wil. Ek gaan eers next week werk toe maar ek het nog so baie om te doen hier by die huis. Ja nee, sonder kinders is dit bietjie moeilik om reg skoon te maak. Ek wou mos paint, onthou Mammie? Maar die bleddie boere het ons so min betaal ek kon nie eers die paint gekoop het nie. En nou met Freddie weg moet ek elke sent om draai. Maar ek moet nie eers worry nie want daai man het net water en ligte betaal en nou en dan groceries gekoop. Die res van die geld was uitgesuip. Ek het maar self goete reggemaak en kos gekoop. Die huis is mos lankal af betaal, dank die Here. Ek sal maar later die huis begin reg trek. Ons het nog so baie wat ons hier moet doen. Ek soek iemand om nuwe built-in cupboards in te sit. Ek sal maar seker ’n loan moet uithaal want ek weet nie wanneer ek weer daai klas geld in my hand sal hê nie. Ja Mammie, ek is seker die bank sal my so ietsie kan gee. If not, dan sal ek net die kaste moet cash doen en dan die couches op account gaan koop. Ek kan nie al twee cash bekostig nie. Ek pay nou nie so baie nie en Mammie ken my situasie.

Wag Mammie laat ek gaan. Raquel se man kom haal my later, hy wil my hulle nuwe furnitures wys. Hulle het die huis mos oor gedoen. Net die binnekant, ja. Nee net die furnitures en tiles – dis mos ’n townhouse. Die man is baie goed vir haar Mammie. Ek het so hard gebid dat sy nie my pad sal loop nie. Daai is maar ’n ma se gebed. Nee sy’s nog nie pregnant nie. Ek weet nie, miskien kan sy nie kinders kry nie. Sy’s nog bitter jonk, Mammie. Die kind van Keagan maak my al klaar te moeg, die ou blou ogies.

Okay Mammie dan praat ons weer. Ek sal miskien die naweek vir Mammie kom kuier as daai slegte broer van my nie daar is nie. Ek wil hom nie sien nie, Mammie. Wat sê Mammie my nou? Sy kind bly nou daar by Mammie. Maar hoekom? Hulle is dan so high buck. Hy kom nie eers sy kinders hierna toe bring vir die holidays nie. Is die kind nou te veel trouble vir die pastor, nou kom dump hy sy problem by Mammie? Ek glo nie daai kak nie. Mammie het dan ’n man wat al klaar daar bly, vir wat sal Mammie nou nog ’n man nodig kry? Mammie se kind praat net kak. Hy is moeg vir sy seun, dis hoekom hy hom daar kom los het.

Wag, Ma hou my nou op. Laat ek gaan, ek het ’n pot op die stoof. Okay Mammie, dan praat ons weer. Okay dan… Ja ek maak so, okay Mammie bye.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Terry-Ann Adams se memoir-roman, Those Who Live in Cages gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand