Omgewingskrisis: Hoe om ons planeet te red

Omgewingskrisis: Hoe om ons planeet te red
Foto: Our Planet, WWF en Netflix

Foto: Our Planet, WWF en Netflix

David Attenborough gee raad vir lewe in die Antroposeen

Eet minder vleis en kry minder kinders, belê in goeie opvoeding, sowel as die oorlog teen armoede. Dit is wat nodig is om die katastrofiese rigting waarin ons die aarde afstuur, stop te sit, vertel David Attenborough in die televisiereeks Our Planet. In dié reeks gee hy raad oor hoe om ’n radikale en ongekende skuif na ’n volhoubare lewe op die aarde te bewerkstellig.

Die uitfasering van die gebruik van fossielbrandstowwe deur die skuif na herwinbare metodes, is noodsaaklik. Almal moet minder vleis eet, wat met beter maniere van kosvoorsiening gepaard gaan, veral om minder water en land te gebruik. Ons moet boonop meer landbougrond aan die natuur teruggee. Biodiversiteit is minder as ooit vantevore. Ons moet die oseane beter bestuur, en groter dele beskerm teen kommersiële vissery. Ons stede moet ook groener word, wat meer verantwoordelike maniere van plastiekgebruik insluit.

Foto: Our Planet, WWF en Netflix

Twintigduisend jaar gelede was daar minder as ’n miljoen jagter-versamelaars op die aarde, terwyl die menslike bevolking vandag meer as sewemiljard is. Dié tydperk, waartydens die mens se effek op die aarde die mees prominente een is, word geken as die tydperk van die Antroposeen. Die mens het geleer om die natuur na willekeur te vorm – ons bepaal die aarde, soos ons dit ken, se voortbestaan. Ons is wel nie meer in balans met die natuur nie. Die planeet het ’n drastiese vorm van re-wilding nodig.

Foto: Our Planet, WWF en Netflix

Foto: Our Planet, WWF en Netflix

Daar is al kritiek uitgespreek teenoor die gebruik van die term “klimaatsverandering”, omdat dit nie die werklike erns van die saak vasvang nie. Dit is eerder ’n omgewingskrisis, ’n tragedie wat afstuur op ’n totale ramp. Dit is tot ons eie voordeel om ’n beter aarde te skep waar beide die mens en die natuur kan floreer.

Wat ons nou moet doen:

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Omgewingskrisis: Hoe om ons planeet te red gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand