Matty Roodt is kapitalisties uitgeput

Matty Roodt is kapitalisties uitgeput
DSCF4833.jpeg

Ek is 'n gemors, laat my rus

Moeg daarvoor dat alles om geld draai? Jy is nie die enigste een nie. Just let me sleep: I am a mess (2019), ’n installasiewerk deur die Kaapse kunstenaar Matty Roodt wat by Daor Contemporary in Kaapstad vertoon word, handel oor “late capitalist fatique”. Die idee word geskep dat die natuur oor die menslike kwaliteit van moegheid beskik, deurdat dit vra om alleen gelaat te word om te rus. Greta Thunberg vibes. Kapitalisme se aandrang op alewige produksie en ekonomiese groei ten koste van volhoubaarheid, die natuur en die mens, word gekritiseer. Die werk praat ook oor kwessies aangaande geestesgesondheid en uitbranding, geïnspireer deur die kunstenaar se stryd om uit die bed te klim. Die bed word uitgebeeld as ’n veilige plek om te herstel.

Die foto’s is geneem deur Maghiel van Dorssen.

DSCF4842.jpeg
DSCF4854.jpeg
DSCF4861.jpeg
DSCF4863.jpeg
DSCF4866.jpeg
DSCF4871.jpeg
DSCF4887.jpeg

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Matty Roodt is kapitalisties uitgeput gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand