Genoeg met al die fokken Insta-G hartjies
Self love in the time of DMs
In hierdie liggaam werk verdiep Natasha van Niekerk haarself in millennial angst. Dit is al herhaaldelik bewys dat social media ons eensaam laat voel, maar tog bly ons 24/7 connected. Disliking all the likes, genoeg met al die fokken hartjies. Die meeste van ons verdien nie baie nie, maar kan ook nie kla nie, want ons is steeds privileged. Ons is nie die wat hoef te vra vir kleingeld nie, al kos ons huur maklik die helfde van ons salaris. Debietorders doen nie juis veel vir jou peace of mind nie. Word jou werkskontrak elke jaar hernu? Ons drink maar, rook soms, want wat is daar anders om te doen? My flatmate se daggaplantjie maak my soms paranoid. Die plaaslike Spar se vloere is vuil en hul rakke taai. Ek het net verlede week ’n rot tussen die rakke sien skarrel. Ek raak soms depressief. Ek gaan sien ’n shrink, maar ek is nie seker hoe baie dit help nie. ’n Sessie kos die prys van ’n paar nuwe sneakers. Ek word meestal net gevra hoe ek oor dinge voel. As ek nie depressief is nie, is ek angstig. Ek kou nou-en-dan my naels. My baas is ’n bully. My boyfriend het op my gecheat. What a time to be alive.
Take care, kids.
Redakteur van Klyntji, assistent-kurator van die Konstitutionele Hof se kunsversameling en tans besig met 'n LLM in mediareg. Instagram / redakteur@klyntji.com