'n Kyk na hoe Bernard Brand sien

'n Kyk na hoe Bernard Brand sien

Foto: Celeste Theron

Celeste Theron gesels met dié eiesoortige fotograaf

Met ’n naam soos Bernard Brand moet jy seker iets met jou lewe doen. Bernard het besluit om sy lewe toe te wy aan fotografie. Vir 10 jaar groet ek die sku en stil man agter sy kamera in die verbygang by galerye. Ek wil verstaan wat verg dit om agter Bernard Brand se lens te wees. (“So I decided to take myself as mediator for all photography. Starting from a few personal impulses”, om Roland Barthes aan te haal.)

Indien jy, die leser, onbekend is met Bernard Brand; hy is kind of a big deal op ’n none flashy way – met ’n verbasingwekkende verskeidenheid van kunssinnige prestasies agter sy rug. Hy het al aan verskeie groepuitstallings deelgeneem, onder andere ABSA Barclays L’aterlier (2023, 2017) en Sasol New Signatures (2018, 2015). Sy kenmerkende portrette en surrealistiese konsepsuele benadering skep onvergeetlike beelde wat nog lank na die tyd in ’n mens se onderbewussyn roer.

Ons ontmoet in ’n park, iewers op ’n grasperk in Pretoria, soos wat ons maar doen hier in die Moot. Hy kom ingerits op sy fiets by die park met sy signature kep en brille. Sy houding is ontspanne, met ’n uitdagende vasberadenheid in sy oë. Die man van die Vrystaat is ’n sonderlinge en ontwykende figuur: ’n pelgrim, op soek na sy volgende verhaal. Daar is vir my iets van ’n ritueel en opoffering in sy werk teenwoordig. Sy projekte met ander kunstenaars is fyn oorweeg, waarvan dié met Allen Laing, Octavia Roodt en Imile Wepener vir my uitstaan. Die drade wat hy saamtrek in sy foto’s, is dig inmekaarverweef. Die manier waarop hy op een karaktereienskap van sy onderwerpe kan toespits en dit ontketen, herinner my so bietjie aan Annie Leibovitz, soos sy portrette van Danielle Clough.

Octavia III (2018) vir Klyntjies

Johann Nortje II (2018)

Allen Laing V (2018)

Bernard swem drie tot vier keer ’n week al vir die laaste 10 jaar – ’n gewoonte waaraan hy hom geleidelik blootgestel het om sy engtevrees te oorwin. Aanvanklik het hy in ’n klein swembad begin lengtes doen: Om bloot sy kop onder die water te druk, was die eerste groot uitdaging. Ná ’n dekade wat hy al bekend is met die liggaamlike inspanning wat dit verg om jou lyf deur die water te sleur, erken hy dat daar steeds dae is dat dit voel of hy versmoor en ’n ton bakstene deur die water trek. Dit het vir hom ’n metafoor geword vir sy doelstelling in fotografie: om steeds elke dag sy arm op te lig met sy kamera, selfs op die dae wanneer dit voel of hy knak onder sy eie gewig. “It’s a way of exerting some sort of control over my life,” vertel hy my terwyl hy die boom se blare bestudeer. Hy verkies ook sy fiets bo sy kar en sal maklik op ’n Sondag sommer 60 km Irene toe ry, terwyl die meeste mense nog slaap.

Allen Laing VIII (2018)

“I am looking at eyes that looked at the Emperor,” val Barthes my weer by. In hierdie geval dink ek spesifiek aan Nataniël, maar Bernard het al verskeie heilige figure voor sy lens laat klik. Sy foto’s is tydloos – dié dat mense soos die konsertpianis, Charl du Plessis, hom sommer China toe vlieg vir ’n paar foto’s. There is a certain dignity about his work wat ek probeer verstaan. Waaraan word die integriteit van ’n foto toegeskryf? Die mense voor sy lens kyk selde direk na sy kamera, asof Bernard kan deurdring tot die mees private binneruimte van iemand se persoonlike gedagtes. Ná ’n deep dive deur Bernard se blog posts oor twee dae, ontdek ek ’n rare selfportret van 2013 waaraan hy waarskynlik nie weer onlangs gedink het nie.

Waaraan word die integriteit van ’n foto toegeskryf? Die mense voor sy lens kyk selde direk na sy kamera, asof Bernard kan deurdring tot die mees private binneruimte van iemand se persoonlike gedagtes
— Celeste Theron

’n Man, slightly off centre, op sy tone met ’n hemp gespan oor sy kop. Hy klem sy arms om sy bors, terwyl sy toegetrekte kop, opwaarts, na die lig kantel. Die drama is daar. Sy knieë is ingedraai. Sy bleekpienk vel lyk soos marmer teen die swartgebrande grasvlakte. Die kurwe van sy heup vorm harmonieus deel van die horison van die landskap. Sy pienk tone grawe diep in die sand. Half-naak. Weerloos. Die postuur, of was dit die prominente V, herinner aan Christus teen die kruis – maar sy arms is verstrengel in ’n bondel spiere teen sy hart. Ek vind die gespannenheid van die bleek gestalte teen die swart veld slightly arousing en wonder of mens krag en vertroosting uit so ’n voorstelling kan put? Daar is geen gelaatsuitdrukking om te ontleed nie en dus kan die versmorende man agter die doek enige iemand se lyding aanneem. 

Arguing with myself III (2013)

Arguing with myself IV (2013)

Mens noem dit ’n panoramaportret wanneer ’n portret deel word van ’n landskap, sal Bernard my later meedeel. Daar is iets aan die liggaamshouding wat my herinner aan die marmerbeeld van Michelangelo, Die sterwende slaaf (1516), waar hy die oomblik gekies het waar die lewe wegvloei uit die menslike liggaam en hom begewe aan die wette van die natuur: ’n onuitspreeklike skoonheid in hierdie laaste oomblik van uiteindelike ontspanning en bevryding van die lewenstryd. In stede van berusting is daar ’n vasbeslote struweling in Bernard se selfportret, alhoewel die wending van sy liggaam steeds harmonieus is. Ek dink aan die religieuse ondertoon in sy werke Pietà (2015) en Kanselkleed (2018) – wat beide gekies is vir Sasol se New Signatures exhibition. Ek vra hom uit oor sy siening van geloof.

“Ek glo nie in die christen-God nie want hy klink soos ’n towenaar, maar ek wil glo dat daar iets meer is tot al hierdie. In 2019 het my ma vir my kom kuier – ek probeer haar leer ken buite haar identiteit as ’n ma – en moedig haar toe aan om my enige iets te vra. Ek verwag toe sy gaan my vra: “Is jy gay?”, maar toe vra sy my of ek nog in God glo. As daar ’n religious ondertoon in my werk is, it’s just me trying to figure me out. Ek het kerk toe gegaan tot en met 18, die hele Sondagskool-ding gedoen, maar my internskap in 2014 met Zack Arias in Amerika het my religion ge-shatter. Daar het dinge vir my unravel. Ek het nog so twee jaar in die kerk gesit, maar soos ’n hypocrite gevoel. As daar ’n God is, glo ek nie dis die christen een nie.”

In 2019 het my ma vir my kom kuier – ek probeer haar leer ken buite haar identiteit as ’n ma – en moedig haar toe aan om my enige iets te vra. Ek verwag toe sy gaan my vra: ‘Is jy gay?’, maar toe vra sy my of ek nog in God glo.
— Bernard Brand

3rd _Vernac IV (2020)

3rd _Vernac I (2020)

Pietà I (2015)

Thank you! Mr. Jobs I (2016)

Ek vind sy uitkyk oor spiritualiteit interessant – dat sy geloof in diepe selfondersoek lê – en wil by hom meer uitvind oor sy internskap met Zack Arias.

“Ek neem al foto’s sedert 2008, maar die eerste vyf jaar was dit net kind of fun en ek het op troues assist en skoolfoto’s geneem, tot ek in 2013 besluit het om myself heeltemal daarin te emerge. Ek het in 2013 en 2014 ’n handwritten letter geskryf vir my muse (want ek het geweet ’n email gaan nie hierdie celebrity-fotograaf bereik nie) en my day job ge-quit toe ek van hom terug hoor. Ek het my internship nog daai selfde jaar by hom gedoen. Die eerste twee weke het ek in sy huis gebly en die volgende vyf maande in sy studio. Ek dink die internskap het my geleer om mense beter te approach. Fotografie het my geleer om met mense te deal en te engage – ek is nogal skaam. Dis maar soos ’n verhouding, ’n baie kort verhouding.”

Nebuchanessers’ dream I (2017)

Sy eerlike ontboeseming maak dit vir my moontlik om iets awkward op te bring waaroor ek al vir jare sleg voel: “Onthou jy daai shoot wat ons agt jaar gelede gedoen het? Ek het laat en so bietjie dronk van die vorige aand se kuier opgedaag...”

“The past comes back to haunt us,” sê hy ernstig, terwyl hy my aankyk met ’n skewe glimlag. “Ek kon vir jare daarna nie met jou praat nie,” gee ek toe.

“Party mense sê hulle vind my intimiderend – ek bedoel, my sussie se boyfriend op hoërskool het so gedink toe ek hulle eenkeer moes gaan aflaai vir ’n date, maar ek is eintlik net skaam,” antwoord hy.

“Well, I mean, jy het nie die behoefte om stiltes te vul nie; dit is nogal intimiderend,” sê ek terwyl sy oë die omgewing inneem.

“I’m not here to make you feel comfortable,” sê hy. “Ek kan net werk met wat mense na die tafel toe bring.” Ons oë ontmoet vir ’n oomblik bo my laptop se skerm.

“Right. Het jy ’n nuwe mentor waarmee jy werk?” probeer ek die gesprek hervat.

“Die kunstenaar Hougaard Winterbach. Ek het so twee jaar terug saam met hom begin teken.”

“Dit kom voor of kuns ’n groot invloed op jou werk het, veral die Renaissance. Vertel my meer daarvan?” wil ek weet.

“Ek leer baie by paintings in general, soos beligtingstegnieke en komposisie – camera obscura – dis godsonmoontlik om daai uit te dink. Dan is daar natuurlik Rembrandt, Michelangelo en Caravaggio se brutal scenes.”

The three sirens I (2021)

The three sirens II (2021)

The three sirens III (2021)

Banele Khoza II (2021)

Caravaggio se angswekkende skilderye laat my wonder oor Bernard se vulnerability shoot wat hy doen met mans die laaste paar jaar. Ek het al dikwels gewonder hoekom hy op dié projek besluit het. Die persoonlike inskrywings wat ek gelees het op sy blog oor die mans wat voor sy lens kom sit, het my so ontstel dat ek een hele aand nie kon slaap nie. Die klein glimpse waar mans kan toegee aan iets teer en seer in hulle borskas moet ’n geweldige katarsis wees, terwyl iemand dit waarneem en kristalliseer.

Die persoonlike inskrywings wat ek gelees het op sy blog oor die mans wat voor sy lens kom sit, het my so ontstel dat ek een hele aand nie kon slaap nie. Die klein glimpse waar mans kan toegee aan iets teer en seer in hulle borskas moet ’n geweldige katarsis wees, terwyl iemand dit waarneem en kristalliseer.
— Celeste Theron

“Ek het grootgeword met ’n pa wat nie kon praat oor sy emosies nie en homself dood gedrink het,” vertel Bernard toe ek hom daaroor uitvra. “Mans van ’n sekere ouderdom praat nie oor hoe hulle voel nie. Aan die begin het ek net wit Afrikaanse mans afgeneem. Ek wou my calvinisme trotseer en my eie vrees vir emosies oorkom, maar ek besef toe hierdie projek is op alle mans van toepassing.”

I’m not crying, you’re crying — Stanley (2023)

I’m not crying, you’re crying — Henry (2023)

I’m not crying, you’re crying — Ett (2023)

Bernard is steeds besig met die projek en moedig mans aan om hom te kontak wat bereid is om met hulle gevoelens voor hom te kom sit. “Ek neem nou enige man af wat gebore is van 1990 – dis fokken moeilik om ouer mans te kry wat bereid is om te kom sit, en hulle kan nie te jonk wees nie want dan het hulle nog nie met hulle trauma behoorlik gesit nie. Ek het met die pandemie besef om met jou ongemak te sit, is beter om dit in te neem: Maak ’n fisiese manifestation daarvan in jou kop. Hey anxiety, hier is ons weer, hier is ’n stoel, ons gaan nie fokken praat nie, you can leave when I tell you, but let’s hash it out a bit en dan sien ons mekaar weer in ’n paar maande. Dis fokken moeilik om te doen, maar dis makliker as die alternatief.”

“Het jy ’n sekere roetine of ritueel waarby jy stick?” wil ek weet.

“Ek staan vyfuur of halfses op en probeer die hele meditation ding doen, maar dis fokken moeilik, dan lees ek so bietjie of probeer journal. Elke dag oefen ek van halfsewe tussen ’n halfuur en ’n uur, en dan begin my dag – dis maar admin of shoots. Ek het ’n redelike gemaklike lewe en dis hoekom ek moeilike projekte aanpak, want ek kan daai ongemak beheer. Die sketching het my definitief van my perfeksionisme laat gaan; sometimes giving up is a great thing to do.”

“Sal jy sê jy is ’n control freak?”

“Maybe, ’n bietjie. Ek was as ’n kind baie netjies en toe het ek eventually op ’n plek gekom waar ek goed kon laat slide. Ek het definitief baie daarvan al laat gaan, maar dit sal jou mal maak as ’n fotograaf.”

Adam III (2019)

St(eve) I (2018)

Adam II (2018)

Eve III (2019)

“Om weer terug te kom na jou vulnerability shoot met mans, traumatiseer dit mense nie meer nie om hulle emosies te konfronteer voor ’n kamera?”

“I think it’s good to get it out,” antwoord hy. “Ons almal steek hierdie trauma van ons childhood weg. Soos seks. But it’s not something you need to feel shame about. Ek wil vir ander mans sê dis fine om kwesbaar te wees, daar is iets om daaruit te leer. Ek dink ons het daai primal fear, soos ’n hond, om ons underbelly vir ander mans te wys. Ek wil nie mense aspris laat huil of traumatiseer nie. Dis soos magic mushrooms: Whatever needs to happen, will happen en dis vir almal anders. I don’t dictate what they need to do to get there. Daar was een projek wat ek nie gebruik het nie, want daar was te veel rage in sy confession and that’s not what I want from this. Miskien was hy nog te jonk om met sy trauma te deal.”

Ek wil vir ander mans sê dis fine om kwesbaar te wees, daar is iets om daaruit te leer. Ek dink ons het daai primal fear, soos ’n hond, om ons underbelly vir ander mans te wys.
— Bernard Brand

“So, you don’t prompt people in your shoots?” vra ek.

“Nee. I kind of love the discomfort about it, so I lean into it. Ja, ek is ’n masochis.”

“Wat beteken dit om ’n conceptual fotograaf te wees?”

“Ek sal sê die Adam en Eve-projek was die mees conceptual shoot wat ek gedoen het, I’m sort of in the art world, but I’m not – because I don’t care about the bullshit around it.”

“Okay, so vir die volgende deel van hierdie onderhoud gaan ons bietjie conceptual raak en ek gaan van jou ’n foto neem,” stel ek voor terwyl ek my laptop toemaak. 

Bernard staan op en steek sy hand na my toe uit waar ek op die gras sit. “Kan ek jou ophelp?” Ek neem sy hand en skud die blare van my broek af.

Bernard deur Celeste

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van 'n Kyk na hoe Bernard Brand sien gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand