Ryan Pedro oor die curation van creative space
Pretty, dope things
Allow asseblief my gross misappropriation van Virginia Woolf se ‘A Room of One’s Own’ (1929) om dié rubriek mee te begin. Want dit ís in fact die case dat elke creative (writer, painter, sculptor, filmmaker, musician) ’n designated space nodig het waarin hulle kan werk; ’n space waarin daar ’n constant en uninhibited flow van ideas en creativity ge-cultivate kan word. ’n Space wat productivity breed.
Now, yes – die aforementioned book is strongly rooted in ’n Marxist-feminist theoretical framework; and yes – dis baie moeilik om ander soortgelyke boeke, especially as dit seminal texts is wat design is om culture op ’n specific way te influence, te ontkoppel van die specific literary en theoretical context waarin hulle ge-birth is. Maar omdat Woolf so ’n problematic writer was, voel ek dis fair om haar shit te jack en te bend vir meer rudimentary use en understanding. So wanneer ék sê elke artist het ’n room of their own nodig, praat ek hier purely van inspiration. Van, dare I say it: vibes.
In die laaste paar disussions wat ek gehad het met peers oor dié topic, het ek baie loosely daarna verwys as curating a space, and what that essentially boils down to is om ’n ruimte te skep waarbinne seeds of creativity geplant kan word, germinated en incubated kan word, tot dit finally kan groei to what we eventually call our art. En oor dié space en process was ek nog altyd baie protective, wat my day-to-day experience van my writing ’n deeply personal en extremely isolated een maak. Dis iets waaroor ek obsess, wat maak dat ek into microscopic detail gaan oor elke variable van my process. I might even go as far as to say dat ek ’n tad sentimental is daaroor, maar nie in die sense dat ek dink my creative process of status as ’n artist is some kinda special shit nie – ek probeer maar net so veel moontlik voel vóór ek begin werk. Dat ek teen die tyd dat ek moet begin skryf, sit met deconstructed feelings en emotions wat ek kan gebruik soos ek dit nodig kry. Dat my thoughts ’n reliable vehicle is, instead van ’n 80’s road map wat jy onder die spaarwiel uitgegrawe het oor jy vergeet het om jou phone te charge voor jy by die huis weg is.
En daai coming of clarity gebeur usually wanneer ek in die oggend om en deur my work space beweeg. Daai paar moments voor ek agter my lessenaar gaan inskuif, wanneer ek, say, deur die huis stap om die oggend se eerste batch coffee te gaan brew.
Ek despise byvoorbeeld ’n cool white light bulb, so wanneer ek die ligte een vir een aanswitch soos ek stap, word die huis gevul met soft, warm light. Wanneer ek staan en wag vir die ketel om te kook, kyk ek na die furniture, lamp shades, al my boeke in my bookcases, op die piano, die art teen die mure, die collection van huisplante wat at some point jungle status gaan reach as dit van my girlfriend afhang. Álles goed wat ek moved deur was toe ek dit die eerste keer gesien het, wat ek compelled deur gevoel het om te kry, solely based op die rush of dopamine wat ek ervaar as ek daarna kyk.
En sure, dis net stuff – objects wat ek acquire het oor ek in ’n priveleged enough position is om dit te kan doen, maar omdat ek ook myself silly moes werk tot op dié punt, is ek meer as aware van die feit dat alles in ’n oogwink kan verander. Dat ek moet leer om fine te wees sonder al my shit as my omstandighede ooit moes opswitch. Dié reality het gemaak dat ek compromises met myself moet aangaan – luister na die album, ja, maar dit hóéf nie in die comfy reading chair te wees nie; gaan stap liewer, experience nature. Dit moenie nou meer gaan oor curating your space nie, maar rather your life. En although ek al hoe beter raak daarmee, is ek maar nog patient met myself. Ek allow myself nog om te indulge in al my pretty, dope things, want dis crucial tot my creative process en my mental health. En ek allow myself om dit te enjoy, want ek’s soft like that.
***
Nou’s dit die oggend waarop ek dié rubriek moet skryf. Ek staan en wag vir die ketel om te kook terwyl ek rondkyk in die huis – delicate habitat bathed in ’n golden hue, synthetic sunshine wat skyn van onder lamp shades uit, radiating beauty, slowly emitting creativity. Dan appear my twee honde op die scene – hulle’t die geklingel van die teaspoon gehoor, en nou sit hulle patiently en wag vir die ge-rattle van die voordeur se sleutels. Wanneer ons buite is, volg ek hulle al die pad tot onder in die grasveld adjacent tot ons huis. Dis ungated, municipal property, so dis die meeste van die tyd unkept en wild-looking. Kort voor lank verdwyn die twee krulsterte tussen die langgras en die fynbos in. Dit stuur my om op ’n klip te gaan sit en wag tot hulle klaar is met hulle morning ablutions.
Vir enige iemand wat my baie goed ken, is dit nie ’n secret dat ek baie lief is vir my twee honde nie. En omdat ek is soos wat ek is, obsess ek oor hulle well-being. Especially oor hulle health en fitness. Ek research constantly watse vitamins en supplements hulle gaan help met hulle joints, gut en dental health. Ek kook vir hulle al die veggies wat hulle coat shiny en smooth gaan hou, sorg dat hulle genoeg protein inkry om te help met bone density en muscle development. So teen die tyd dat hulle begin spelerig raak, mekaar jaag en uitskiet bo en oor die langgras, is dit quite a sight…
Twee bondeltjies rippling muscle wat dart en bolt vanaf die een plek tot die ander. Hulle soepel lyfies wat sny deur die crisp oggendlug in patterns wat amper choreographed lyk, reminiscent aan wild horses running. Die gevoel wat dit by my ontketen is in dieselfde vein as wat Roland Barthes skryf oor “engulfment” in A Lover’s Discourse (1977):
Engulfment is a moment of hypnosis. A suggestion functions, which commands me to swoon [...]. I have no responsibility here, the act [...] is not up to me: I entrust myself, I transmit myself (to whom? To God, to Nature, to everything [...].
En iewers hoor ek ’n version van myself – een wat maybe net ’n paar uur ouer is en sit agter my lessenaar – uit die future uit terugroep: “Boy, that shit ain’t even that deep!” Maar ek kies om dit te ignore, want in die moment is dit regtig só intense en só Burkean; dat ’n aesthetic experience só transcendent kan wees dat dit byna religious voel. Ek entertain ook die fact dat dit maybe ’n reeks klein aesthetic experiences is wat ge-culminate het tot op dié overwhelming feeling (die ligte, die boeke, die portrette, die plante), maar dis fleeting. Vir nou accept ek myself as die lover wat Barthes van skryf: a lover of beautiful things, that is.
Dan fluit ek, en seconds later kom die pups aangetrot. Ek maak die voordeur agter ons toe, en ons stap saam deur die huis tot by my work station. Hulle gaan soek elkeen vir hulle ’n spot in die vertrek wat al warm gebak is deur die oggendson. En ek gaan skuif agter my lessenaar in, sit my computer aan, en begin skryf.