Alles tot nou: Aletta Francina de Kock

Alles tot nou: Aletta Francina de Kock

Foto’s via aletta.co.za

Andréa Müller gesels met dié influencer-turned-standup-comedian

As jy enigsins op Instagram doenig is, ken jy waarskynlik al die naam Aletta Francina de Kock. As jy haar nie ken nie (en, ehem, onder ’n klip bly), lig ek jou gou in: Aletta Francina de Kock is ’n creative van die Paarl wat sedert 2016 naam maak as trouvideograaf, en is sedert 2020 op ons skerms as sosiale media-persoonlikheid en influencer.

Ek het destyds, in 2021, met Aletta via e-pos ’n onderhoud gevoer. Toé was sy veral bekend as “tannie Aletta Francina de Kock (hoeka, toeka, ja-ja)”. En ek (en haar duisende ander followers) was obsessed.

In daardie eerste onderhoud drie jaar gelede het Aletta oor die toekoms van haar aanlyn content creation en (toe relatief nuutgevonde) influencer-ing vertel:

Ek voel in my waters dat hierdie my werk gaan wees binne die volgende paar maande, maar ek moet dit seker nie hardop sê nie. Ek dink ek het al genoeg tyd in die troue-industrie spandeer en ek is reg vir die volgende ding, so ek probeer my bes en kyk waarheen hierdie ding my vat. Ek weet ek gaan nog troues skiet vir die volgende jaar of twee, maar ek hoop om van 2023 uit daardie industrie te beweeg en voltyds die mense te laat lag.

Praat van manifesting – ’n jaar later kon Aletta die mense voltyds laat lag terwyl sy promo vir groot brands soos UCook, Food Lover’s Market, Woolies en Du Toitskloof doen. Fast forward na 2024, en Aletta laat die mense lag ook op die verhoog. “Aletta is maar net ’n eenvoudige meisie wat nog altyd wou perform,” lui die persverklaring vir haar debuut-eenvrou-stand-up comedy show, Alles tot nou.

Alles tot nou belowe “’n tell-all propvol lag en teer en ’n kykie in Aletta se lewe soos nog nooit vantevore nie”, aldus die bemarking daarvoor. Ek het dié show in Kaapstad by Gorgeous George se Pink Room gesien.

In ’n custom-made nommer en platformhakke (stylish as ever, natuurlik, en net so effe camp) vertel Aletta op haar kenmerkende wyse staaltjies uit haar kinder-, tiener- en vroeë volwasse jare. Sommiges sal vir volgelinge bekend wees (hoe sy onlangs rabies oorleef het), terwyl ander werklik nuwe lig op Aletta skyn (hoe sy as kind blootgestel is aan questionable praktyke wat ons vandag as fat shaming kan label, of hoe sy op die ouderdom van 10 verslaaf geraak het aan Aromat, byvoorbeeld) – maar lag, sal jy lag. En al is die meeste van die grappe ten koste van Aletta, lag sy saam.

Ná die show neem Aletta se manager, Jeandré Hammond, vir my en Elodi Troskie met die hysbak op na een van die suites in die hotelgedeelte van Gorgeous George, waar Aletta op ons wag om ’n onderhoud met haar te voer. In die suite (wat op dié aand slegs as Aletta se dressing en green room dien – sy ry later die aand huis toe na haar twee honde) het Aletta reeds haar platformhakke uitgeskop. Ons almal gaan sit in die sitkamergedeelte van die bougie hotelkamer.

“Hoe was die show vir jou?” vra Elodi vir Aletta. “Terrible,” antwoord sy direk. “Ek het gesukkel.” Dit val my op hoe hard Aletta op haarself is. Maar dis juis hierdie tipe eerlikheid wat die loop van ons gesprek kenmerk. Hoeveel van ons het die guts om so oop teenoor ander te wees, sonder om te verbrokkel? “Daar’s ’n magic aan teater… Dis soos hierdie orgaan, hoe mense saam lag. In ’n venue soos dié waar mense op banke sit, voel dit disconnected,” gaan Aletta voort. “Blame ek nou die fokken bean bags,” lag sy. “Maar dis amper asof almal op hulle eie eilandjie sit, en dit voel net nie soos teater nie.” Ek en Elodi probeer haar gerusstel dat dít glad nie ons ervaring was nie, maar dis to no avail. “Ek gaan definitief huil op pad huis toe,” sê Aletta, voordat sy uitbreek in die hearty-ste, uit-haar-maag-uit lag.

In my destydse artikel oor Aletta het ek haar (tong in die kies) as die “Volksmoeder” bestempel. Hoe het dit vir haar gevoel om dít te lees, wil ek nou weet. “Dit was vreemd, want veral daai tyd was ek nog glad nie eens naastenby relevant genoeg om iets soos daai tipe recognition te kry nie, soos what the fuck!” lag Aletta. “Even nou voel dit niks real nie, to be honest. Dis nou eers dat as ek op ’n verhoog is en daar’s ’n gehoor, is dit soos ‘o, fok, daar’s mense wat weet wie ek is en hulle is hier om na mý te kyk’! Dit voel net so ver verwyderd, want as jy online create, you don’t see the people,” vertel Aletta.

Sedert ek laas met Aletta gesels het, het haar following en “relevance” (om haar term te gebruik) inderdaad gegroei (van 23K+ toé tot 60K+ nou), maar (ongeag die syfers) is dit veral haar evolusie as sosiale media-persoonlikheid wat my interesseer, en spesifiek haar vermoë om nie te knak onder die verwagtinge of persepsies van die duisendes wat haar volg en like en share nie. Ek vind dit moerse refreshing en inspirerend.

Sy’t intussen die “tannie” in haar IG bio gedrop, en kort voor lank het haar influencer-perfect lokke letterlik gewaai; in September 2021 laai sy ’n baie gutsy (en beautiful) video met geen caption van haarself wat haar lang hare in ’n veld afskeer op IG . (Toe ek dit sien, het ek amper ook die skeerder gegryp.)

Ek vra haar oor haar keuse om weg te beweeg van die tannie-trope. “Die tannie was ’n karakter in my video’s. Hoe langer ek dit gedoen het, het ek net besef dis nie volhoubaar in die langtermyn om hierdie karakter te speel nie, veral omdat ek voel ek is ’n three-dimensional person. Dit het limiting gevoel om my platform te gebruik net om hierdie karaktertjie te speel,” antwoord sy. Dit was ’n stadige en geleidelike, tog intentional transition, verduidelik Aletta, een wat sy met die editing van haar video’s aan die gang gesit het. “Dit was intentional om die dele waar ek lag vir myself te include, just to make me more human, want dit was net hierdie perfectly cut, punch-line-punch-line vibe,” vertel sy. “Maar ook, humans are ever changing – wel, fok, nie alle humans nie,” lag sy. “Om jouself te limit tot net hierdie een manier van praat en hierdie een tannie-whatever – dis so limiting, want, ek meen, I’m always gonna change and evolve en gaan altyd nuwe hobbies en wat ook al hê, so om eerder as myself te present just felt like the better option.”

Dit was intentional om die dele waar ek lag vir myself te include, just to make me more human [...].
— Aletta Francina de Kock

(“Just to make me more human” – ná ons gesprek bly daardie woorde my by. Hoe gereeld vergeet ons dat die mense op ons selfoonskerms mense is, dat 10 highly curated sekondes op ’n app nie insig gee tot iemand se lewe en persoonlikheid nie? Dat likes en shares niemand se projeksies op ’n ander persoon geregtig of regverdig nie?)

Daar is natuurlik ook ’n mate van karakter-speel wanneer sy op die verhoog is, maar al die stories wat sy vertel, is waar en diep persoonlik, voeg Aletta by. “Dit is moerse vulnerable om op die verhoog te klim en jou stories te vertel. It takes a lot. Maar obviously, dit ís ’n karakter… But to some degree is dit ék wat op daai verhoog is. So, ek voel dit is baie true to me,” sê sy.

Die eerste posters vir Alles tot nou het Aletta in drag gewys, maar sy vertel dat sy na die eerste vertoning in drag besluit het om dit te los en om eerder op te tree as haarself. Drag is immers veronderstel om ’n mens te elevate om méér jouself te wees, verduidelik Jeandré, maar Aletta het gevoel sy kruip weg agter die dik grimering, lang lashes en pruik. “Dit was letterlik die eerste keer wat ek op ’n verhoog is voor mense, en ek dink drag was vir my ’n safety net in die sense of, as die show fokken terrible is, het hulle iets om na te kyk; iets blink, there’s some distraction – dit was letterlik die thinking.” Maar Aletta het gou besef dat drag nie 100% gepas is vir dié nostalgiese vertellings van haar kinderdae in Alles tot nou nie: “Being in drag you’re allowed to be fuckin’ unhinged on a stage, maar ek is nie ’n abrasive mens nie, en even op ’n verhoog waar ek act, I cannot be mean to people. I don’t wanna do that, that’s not really me,” vertel sy. “Ek hou nog steeds van die hele idee,” voeg sy by, “I love drag and I would do that in certain spaces – ek kan soveel pret hê met dit, maar met hierdie show het dit net nie gewerk nie. Hierdie stories is so persoonlik en naïef in a sense. It’s a lot of childhood – dis baie onskuldig, en dit maak net nie sin om dit in drag te doen nie.”

Hierdie vlak van kwesbaarheid is juis wat ek tydens die vertoning van Alles tot nou én in my gesprek met Aletta oplet. Alhoewel daar ’n mate van familiarity is omdat ek Aletta gereeld op my selfoonskerm sien en hoor praat, is ek byna onkant gevang deur haar vermoë om my steeds te verbaas. Sy hou nie voor dat ons, as followers, haar werklik kén nie. Sy is onbeskaamd haarself, op haar eie terme. “Aletta in real time – no cuts, no edits,” soos Jeandré dit stel.

Waarom het sy besluit om die sprong van selfoonskerms na die verhoog te maak, wil ek weet. “Ek wou nog altyd op ’n verhoog wees,” bieg sy. “Elke keer as ek ’n show gekyk het – en ek is baie blootgestel aan teater as kind – as ons uitloop was ek soos: I wanna be on a stage one day, en ek het net gedink dat almal daai tipe gevoel gehad het, maar having conversations after a show, het ek besef dat not everyone wants to do that.”

Ons gesels oor die imposter syndrome wat gepaard gaan daarmee om nuwe dinge te probeer en om jouself aan die wêreld bloot te stel. Aletta het geen formele opleiding in drama of die performance arts nie, en hieroor vertel sy: “Ek voel ek kon al drie jaar terug begin het met ’n show, maar ek het dit uitgestel as gevolg van… Ek weet nie eers of ek woorde kan onthou nie. Dit was die crazy deel van toe ek hierdie show geskryf het: Hoe leer jy woorde? I don’t fucking know! I’ve never done this shit!” Maar Aletta is ook ’n self-opgeleide fotograaf en videograaf, en het onlangs haarself ook leer skilder. “Dis vir my eintlik beter om nie al hierdie tegniese opleiding te hê nie,” sê sy. As daar iemand is wat iets kan DIY, is dit Aletta Francina de Kock.

Alhoewel Aletta deur ’n roeping (if you may) gemotiveer is om Alles tot nou op die planke te bring, vertel sy my dat die finansiële aspek die grootste motivering was om die show klaar te skryf. “Jy’t geen beheer oor wanneer jy relevant genoeg is vir companies om met jou te wil werk nie, en sure, dit het vir ’n ruk gewerk vir my, maar toe raak dit so inconsistent dat ek moes besluit: Okay, waddefok is volgende,” vertel sy, en lag. “Dit klink nou eintlik glad nie so romanties nie.”

En hoe voel dit noudat sy die sprong geneem het? “Dis fokken moeilik. Hierdie kak is moeilik,” antwoord sy. Nie eers haar jare as trouvideograaf kon haar voorberei nie. “Hierdie honestly taught me grit. I have a fuckin’ grit for just pushing through wat ek rêrig nog nooit voorheen gehad het nie,” lag sy uit haar maag.

Die gesprek draai na die raakpunte tussen online content creation en om op ’n verhoog op te tree. Hoe ’n mens beheer het as jy kan retake, cut en edit; hoe die verhoog ’n mens se beheer beperk. Hoe die obsessie met nommers op IG vervang word met die obsessie met kaartjieverkope. “Dis letterlik ’n fokken game, dit voel soos ’n speletjie en jy upload en jy sien die nommertjies, but it really doesn’t – honestly doesn’t – mean anything. Dis eintlik beter vir my mental health to have that approach van ‘dis nou maar net nommertjies’, want andersins kan dit jou consume.” Dieselfde geld vir kaartjieverkope, vertel sy. Sy het wel geleer om realistiese verwagtinge te hê: “Ons moes twee weke gelede vir die eerste keer ’n show kanselleer, want daar het nie genoeg kaartjies verkoop nie, maar ook, I need to know my fuckin’ target audience. Rawsonville is fokken nie my teikenmark nie, let’s be fucking real,” vertel sy, voordat sy byvoeg: “But, you know, Nataniël wasn’t built in a day.”

“Sal jy oop wees daarvoor om ook eendag ambassadeur van Checkers se Championship Boerewors te wees?” vra ek. “Ek is bereid,” antwoord Aletta sonder huiwering. “Absoluut. Ek het die kaalkop, ek dink dit kan werk.”

Nataniël wasn’t built in a day.
— Aletta Francina de Kock oor geduld en deursettingsvermoë

En wat hou die toekoms vir Aletta Francina de Kock in? “Beslis om aan te hou met die show,” kom die antwoord, nogmaals sonder huiwer. Sy wil ook nog eendag ’n Carpool Karaoke met tannie Carike Keuzenkamp doen. Sommer vir “tannie Carickstix” (Aletta se bynaam) oplaai en om die blok met haar ry, terwyl hulle ‘Hoeka Toeka’ blast. (Tannie Carike, if you’re reading this, ASSEBLIEF STEM IN!)

Twee kaalkoppe tesame (Foto via @alettafrancina)


Alles tot nou is 4–6 Julie by Vryfees en 12 Julie in Gqeberha. Hou Aletta se IG dop vir nog datums en skakels na kaartjieverkope.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Alles tot nou: Aletta Francina de Kock gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand