Klyntji
de k-w2a.jpeg

Ou kas en 'n nuwe storie

deur
JUANITA KOTZÉ / THE RARE LIBRARIAN

29 jaar gelede ontmoet ek die magiese Merwelene van der Merwe, binne my eerste skugtere tree die modewêreld in, met skrale lyf en ouderdom van 15. Haar uitdruklike unieke wese laat 'n onvergeetlike indruk op myne, en 'n voetspoor wat ons jare en myle later lei tot 'n herontmoeting met 'n ander fokus en intensiteit.

Die diep verlies van haar geliefde Nielen, besorg  aan haar store vol stories, kamers en kaste vol vergete verhale. Sedert 1904, huisves Thorolds Modern and Antiquarian Booksellers, 'n waardevolle, rare, indrukwekkende, gigantiese boekversameling wat sover as 1700's terugdateer. Nielen neem as derde bewaarder van dié kosbare nalatenskap oor in 2012. Die wedervaring bied unieke geleenthede vir enig en almal om toegang te hê tot die mistieke wêreld van oudheidkundiges. 

Saam met die alomvattende hande van haar twee-tallige, talle-talige bloed- en hartsusters, Hannalie en Vanya, vat Merwelene hierdie kollosale taak as custos van Thorolds aan. Derduisende dokumente, afdrukke, kunswerke, beelde en boeke en boeke en boeke... Alles word in ontdekkende sorgsaamheid aangeraak. Oopgemaak. Ontdek. Oorweeg. Herontdek. Heroorweeg.

Gedurende vele kuiers saam op die boekeplaas, in die oorweldigende teenwoordigheid van soveel woordskatte, sowel as in ons afsonderlike oorweging tot die behoud van inhoud, word die boeke ons verbintenis en uitverkore medium van 'n reeks nuutskeppings tussen Thorolds, The Rare Library en 'n verskeidenheid van kunstenaars.

 

Hoofstuk 1

Ou Kas  

Die briljante-besadigde skrynkunstenaar, David Krynauw, se liefde vir Kaaps-Hollandse estetiek, word versinnebeeld in die swewende moderne weergawe van 'n Amoire kas.

Noukeurig gekomponeer vir die 31 boeke, gedateer tussen 1590 en 1740, vind elkeen van die geskrewe oor Reg en Geregtigheid, finale staanplek in dié galante okkerneuthout-ontwerp.

 

VERTOONKAS 

Die Ou Kas is hoofkarakter in hierdie jaar se venster teater.
'n Veelsydige Verskeidenheid van Verbale Vergaderings uit
The Rare Library.

Lees meer in die April-uitgawe van VISI.

 

*Skedule onderhewig aan verandering