Digbundels wat jy moet lees voor die apocalypse
Ryan Pedro se toptiendigbundels vir die eindtye
A far cry away van die height van dié pandemic shit (extreme lockdowns, mass hysteria, looming economic collapse, social and cultural regression), vind ek myself often steeds terugslip into my mindset van toe die hype op sy grootste was. Daar’s dae wat ek nog sanitize tot op die motherfucking elbow, ek was my vrugte en groente in apple cider vinegar en baking soda upon returning from the shops, my ledger van no-bake recipes burst al at the seams, en my prison push-up game is kak strong. Maar van al die weird (en borderline neurotic) habits wat ek saam met my die nuwe wêreld ingedra het, is my obsession met klein apocalypse-themed lysies maak een wat ’n prominent fixture geraak het. In die winkel, for example, size ek partykeer al die shoppers op en dink: “Wie gaan dit wees? Wie van julle gaan die riot en die looting begin? Top 10 list, quick! 10) Counterfeit Jordan Khaleed, 9) Suidlander Suzie, 8) Uncle met die goue cuban link wat obviously ’n reformed Nommer is, etc., etc. En if shit were to pop off, wat gaan ek gryp? 10) Koffie, 9) Oats, 8) Nivea body lotion, 7) Ghost Pops...
Ander dag visit ek die university library in Stellenbosch om ’n paar references te gaan double check vir my next boek. My laaste stop is die Afrikaanse poetry section, en kort voor lank is dit weer sulke tyd:
“Yo, as die bitch nóú moet afbrand, wat gryp jy om te save? Gun teen jou kop? Crawling zombie chopped off at the waist slowly approaching?”
En disclaimer: dié lys contain nét poetry. Simply put oor ek primarily ’n poet is, en therefore obviously ’n bias hou. Plus, in ’n apocalypse scenario maak poetry net vir my meer sense – om met Die biblioteek aan die einde van die wêreld (2019) in jou Karrimor rond te hardloop agter supplies aan is only gonna get you got.
Nou, vir die lys, in no particular order:
10) Tristia (1962) – NP van Wyk Louw
Ek’t al baie jokes gemaak oor dié boek, en die laaste keer dat ek dit gedoen het, het ek dit baie loosely vergelyk met DMX se It’s Dark And Hell Is Hot (1998), en baie mense offend. I wouldn’t take it back, though, want die comparison stick en dis pretty fucking hilarious. Maar in all seriousness, is Tristia een van my favourite Afrikaanse poetry collections, en as iemand ooit vir my sê die poetry wat back in the day geskryf is, is nie meer relevant nie, stop ek altyd dié boek in hulle hande.
Van Wyk Louw skryf in Tristia (meer as in sy vroeër werk) vanuit ’n space of uncertainty oor homself as ’n human being en as ’n artist. Die speakers in die poems is constantly in ’n tussle met life’s dualities – die individual teenoor die crowd, life teenoor death, die wêreld teenoor God. Die betoë, filosofieë en mymeringe van die speakers in die poems result often in ’n gevoel van displacement; ’n feeling wat seemingly nie eers ge-remedy kan word deur ’n bomb-ass poet te wees nie. Some dark shit if we’re being honest, maar as ons apocalypse praat, is dit nogal on the money.
Baie similar aan wat DMX doen in It’s Dark And Hell Is Hot, so I’m not taking that back. Maar as jy nog nie reg is vir daai conversation nie, is daar al ’n strong en viable case gemaak vir TS Eliot se The Waste Land as ’n comparison, met spesifieke verwysing na die poem ‘Groot Ode’.
9) Komas uit ’n bamboesstok (1979) – DJ Opperman
Pretty much die wildest shit wat DJ Opperman al ooit geskryf het. Maar in all fairness, the guy basically died due to liver failure, miraculously came back to life, en toe skryf hy dié boek. I’m pretty sure that changes you.
Komas is verstegnies eksperimenteel, met poems wat ’n losser, less structured, en in some cases baie meer daring vorme aanneem as in vorige bundels. Rubrisering is unorthodox, rym is unpredictable en daar’s ’n plethora van surprising sounds en rhythms wat saamkom om ’n sonic landscape te create wat die content van die boek ’n baie meer layered, textured en even visceral experience maak. Opperman switch dan nóg verder sy poetic MO op deur sy hand te try in ’n meer persoonlike vers waarin die self center stage staan. Dis however nooit self-involved nie, deurdat die speakers masterfully rondglip tussen die autobiographical en die fictional – ’n approach wat ample space los vir self-examination en self-critique.
En dis ’n process wat deurgaans met ’n sense of urgency gepaard gaan, deurdat die backdrop daarvoor Opperman se personal experience van siekte en ’n hyper-awareness van sy mortality is.
Alles ’n bit too real?
If it helps, word al die above-mentioned in ’n baie ironic en sardonic tone deliver...
8) Die ysterkoei moet sweet (1974) – Breyten Breytenbach
Met Zen-philosphy as ’n major theoretical backbone, is Die ysterkoei moet sweet slightly meer hopeful. Slightly...
In ’n process om sense te maak van die human body en die space wat dit inhabit, discard Breytenbach Western rhetoric en ’n logical order of things, en skryf hy tot in ’n space waar hierarchies obsolete geword het – ’n plek waar duality opgehef word, die grense tussen dinge wegval en die human experience less constricted is. So wanneer daar in Ysterkoei deurgaans emphasis geplaas word op destruction, chaos, death and decay, gaan dit volgens Zen-notions gepaard met rebuilding, order, life and growth. Elke gedig in Ysterkoei is therefore ’n poging om waar daar once upon a time niks was nie, iets te create.
’n Sterk vrugbaarheidsmotief kom deurlopend voor en is paramount, en met ’n young man’s swagger en sy rejection van alles (en apparently niks), kry Breytenbach dit reg om van die most compelling ars poeticas, political en love poems te skryf wat to this day nog carry. So I’m definitely saving this – daar’s altyd tyd om te stop en die blomme te ruik. Selfs met die geluid van bomme in die agtergrond.
7) Monsterverse (1984) – Wilma Stockenström
Misanthrope (noun)
/ˈmɪz(ə)nθrəʊp,ˈmɪs(ə)nθrəʊp/
1) a person who dislikes humankind and avoids human society;
2) a Wilma Stockenström
En met goeie rede – humans are fucking up the planet at an alarming rate. So dié bundel wat in 1984 ge-publish is, en tóé al hella relevant was, is vandag ’n alarmingly scary read when viewed as a piece of ecocriticism.
Die monsters in Monsterverse sluit baie specimens in – klippe, berge, plante en diere word op die most imaginative en vivid maniere geskets en ge-celebrate, en hulle natural existence en die processes waarvan hulle deel vorm lê embedded in die most intriguing en entertaining narratives. ’n Truly remarkable display van immense digterlike vaardigheid. Dan raak dit pretty quick, pretty dark wanneer die biggest monster of them all introduce word – die mens. I’m not gonna give too much away, maar as jy soos ’n total poes wil voel met jou iPhone en jou K-Way jacket, lees gedig nommer 45.
Spoiler alert — jy’s basically net ’n bag of bones, jou intelligence is sub-par, jou existence is fleeting en jou grootste contribution to earth is jou destruction.
Dan’s daar ook ’n cute poem oor ’n hermit crab iewers in die boek as daai too much is vir jou.
6) Verweerskrif (2006) – Antjie Krog
Die fearless, ultra-feminsit en seminal writing van Antjie Krog deserve most definitely ’n spot op dié lys. My choice van bundel might vir some nie sense maak nie, want in die treasure chest that is her oeuvre, is daar certainly iets meer litty wat ge-save kan word. Verweerskrif boekstaaf die aging process met ’n strong emphasis op hoe dit social capital, love and sex, en overall bodily function beïnvloed. Macabre, grotesque en abject op tye, maar ook hilarious, endearing en in die context van ’n apocalypse situation, eintlik nogal hopeful. We all deserve to survive that shit and grow old, don’t we? Droopy titties, saggy nutsacks and all.
Maar die éintlike reason vir my selection is die second section van die boek, waar die blik vanaf die internal shift na die external, na waar Tafelberg in al haar glory staan. Via gorgeous poetic diary entries, word die human body in relation geplaas met die berg, en verkry dit ’n ekstra element. Nóú word dit ’n active participant in die colonial history van die space wat dit inhabit, en moet movement en conciousness daarvolgens ge-fashion word.
Serious stuff. Maar relevant vir die apocalypse. Especially as die urge om vlae te hys en shit te claim wat nie regtig behoort aan jou nie, weer opborrel...
5) Om te lewe is onnatuurlik (1993) – Gert Vlok Nel
Okay, just hear me out on this one.
Ons almal hou daarvan om vir die underdog te root, right? And if you know the man and his story, you’ll know dat hy een van die literary system se most overlooked and undervalued contributors is.
En don’t get it twisted, Om te lewe is onnatuurlik is by no means perfect nie. Dis actually pretty fucking flawed van sy verstegniese aanbod tot by sy politics if we’re being honest, maar dit het most definitely meer soul as die meeste van die poetry wat voor dit, saam met dit, en ná dit ge-publish is. Die writing is raw en unfiltered, die vertellings vivid en uncompromising, en die intent van die writer result in van die most honest writing oor human life op en beyond die margins van society.
Stop sleeping on this guy, man.
4) Kry my by die gewone plek aguur (2012) – Loftus Marais
Wanneer dit kom by die new school of Afrikaans writers, het ek nog altyd vir Loftus beskou as een van die most well-rounded and well-balanced poets. Sy writing contain equally as much traces van ’n rich literary tradition as wat daar vernuwing present is. In majority cases het dit structurally sound poetry tot gevolg wat jou nooit bore uit jou skull uit nie.
Kry my by die gewone plek aguur chronical ’n dag in Kaapstad. Die geographic space word deurgaans opgeweeg teen die man-made attributes van die stad. Só word die leser altyd bewus gemaak en gehou van die colonial history van die spaces wat ons op ’n daily basis inhabit. Die poems oor socio-political tension of die large economic divide wat ons inherit het van apartheid voel nooit forced nie, deurdat die speakers often net by situasies verbyloop en dit vanaf ’n distance experience. Dié afstand laat ruimte vir kritiek en belangriker nóg, humor. Enter die ster van die bundel, drag-queen Fabulisha de la Queillerie.
Daar word verder ook strong emphasis geplaas op hoe ’n time en processes gebruik kan word om sense te maak van spaces. ’n Useful tool om in jou arsenal te hê for when shit pops off. Especially as ground zero maybe net happen om Cape Town te wees.
3) Chinatown (2019) – Ronelda S Kamfer
Ek kan jou hiér eintlik net verwys na Andréa Müller se review van Chinatown vir Klyntji. Dis ’n stunning review van ’n nog meer stunning boek.
But I’ll stilll say this — dit was met die publishing van haar debut collection al apparent dat Ronelda Kamfer ’n unprecedented en toonaangewende impak op die literary landscape gaan hê. En met Chinatown is sy in haar motherfucking bag en is die writing op sy most refined en eloquent. Bekende themes soos racism, sexism, GBV en mental health kom weer aan bod, bloot omdat dit so embedded is in ons society. Dit vat egter ’n skilled en talented writer om dit te repurpose en te herverpak sodat dit fresh en exciting is. En Kamfer is just that.
Dis een van die kortste bundels wat nóg in Afrikaans gepublish is, maar daarby is dit ook een van die most compelling en impressive ones. Dit express ’n soort urgency wat dit perfect maak vir die apocalypse.
En also, as iemand die shit kon survive wat in Chinatown staan, is ’n zombie of alien invasion pale in comparison.
2) Chokers en survivors (2013) – Nathan Trantraal
Vir my is een van die most impressive dinge van dié boek die way hoe almal hulle fuckin’ minds verloor het toe dit uitgekom het. Granted, ’n poem wat state dat Die Groot Verseboek, en die hele kanon for that matter, lees “soese klom droë poes” will do exactly that. Still, though. Dit was van die most hilarious shit wat ek nog ooit gesien het en dis alles steeds ’n Google search away – die polemieke, opinion pieces, resensies van jaded academics, alles.
But controversy set aside, is die literary contribution wat Nathan Trantraal gemaak het met Chokers een van die most important to date. Met die koms van die boek het dit finally vir my gevoel asof die gesprekke rondom Kaaps almal weer into formation ge-marshall word om ’n strong, doelgerigte discourse te create rondom die preservation en development van die taal. En wat die poetry sélf betref, bevat die bundel van die most intelligent en technically sound written poetry wat Afrikaans al gesien het. Dit kom ook met ’n world of references (films, music, art, literature) wat ek net op een way kan describe:
Die birth of cool in Afrikaanse writing.
En Trantraal weet ook ’n ding of twee van die apocalypse – lees ‘Valhalla Park’ en ‘Delft’.
1) Swatland (2021) – Ashwin Arendse
Ek kan essays skryf oor hoe befok die boek is en hoe belangrik dié boek is, maar ek gaan nie. Ek gaan rather net twee dinge sê:
Culturally, technically en linguistically speaking is Swatland ’n force to be reckoned with en ek predict dat 2022 ’n baie groot jaar gaan wees vir dié boek en sy writer.
En also, if the world were to burn en jy in die aftermath dié pakkie van tien boeke tussen die rubble en die ash uitvis, hoef jy nét na Swatland te kyk om te weet dat Afrikaanse poetry op ’n goeie plek was.