Frieda van den Heever se debuutalbum is 'n ligpunt in die donker
Hartroerend, eerlik en beautifully crafted, skryf Andréa Müller
“Whatever pain you can’t get rid of, make it your creative offering.” Só adviseer Susan Cain oor die bittersweet waarde van die ervarings van melankolie, pyn en verlies. Die King of Broken Poets en voorsitter van die Sad Song Society, Leonard Cohen, sê ook: “Forget your perfect offering / There is a crack, a crack in everything / That’s how the light gets in” (‘Anthem’).
Frieda van den Heever (bekend as stemkunstenaar, radio-aanbieder en regisseur) is g’n vreemdeling vir dié kreatiewe offerritueel waarna Cain en Cohen verwys nie. Miché van Wyk skryf juis vir Klyntji.com oor Van den Heever se heilsame en vertroostende werk oor verlange en verlies. Haar musiekproduksie oor “laughing, crying, loving and life after death”, Skoonveld, het in 2022 ’n Woordtrofee gewen vir beste kontemporêre solo-musiekproduksie, en was weer in 2023 by die Woordfees te sien. Sy het onlangs ook die bundel Die lewe is ’n asem lank. Gedigte oor verlies en vertroosting (2023, Tafelberg) saamgestel. Dít alles na die dood van haar man. “As die lewe [vir Frieda] druk, dan druk [sy] terug met woorde en musiek,” skryf Miché.
Die snitte op Spoorsny, Van den Heever se eerste vollengte Afrikaanse album, is oorspronklik geskep vir Skoonveld. Ná die sukses van die musiekproduksie het Van den Heever besef dat gehore aanklank vind by die temas van verlies, verlange en liefde wat in Skoonveld aangeraak is. Spoorsny is dus Van den Heever se on-demand offerande aan die body of work van Afrikaanse musiek.
Oor die titel sê Van den Heever in ’n press release: “Die lewe moes spore laat voor ek kon sny – snitte maak, tracks opneem, instink vertrou. Die spore loop deur landskappe van verlies, verlange, vrae, ekstase, hoop, liefde, lewe… en veral lewe na die dood. Die verlange om te ontsnap, om by die huis te kom, om te vlieg, om te land, om te vergeet, om te onthou, om los te breek, om vas te hou – die paradoks van menswees. […] Ek moes leef voordat ek daaroor kon sing.”
Die resultaat is ’n album wat hartroerend, eerlik en beautifully crafted is. Die album is opgeneem saam met dié Jürgen von Wechmar by Sunset Recording Studios (Koos Kombuis, Valiant Swart, Springbok Nude Girls, Spoegwolf, Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Zinkplaat, Medicine Boy, aKING, BamBamBrown en Eet Kreef Herleef, om net ’n paar kliënte te noem). Fred den Hartog en Johnny de Ridder het saam met Van den Heever die liedjies vervaardig en “van ons land se voorste sessiemusikante kan ook gehoor word op die album” (aldus die press release). Die Heuwels Fantasties verskyn op die eerste snit op die album (‘Bon voyage’) en Laudo Liebenberg sing saam met Van den Heever op ‘Slot wat aanhou’. Die laaste snit ‘Soos ’n gebed’ is ’n toonsetting van ’n gedig deur Hilda Smits uit mag die diep slaap jou dan (2021, Protea). Jozua Malherbe en Rolanda Marais het die regie en verfilming van die (baie aesthetically pleasing) musiekvideo vir ‘Bon voyage’ gedoen. (Kyk dit hier onder.)
Die teenwoordigheid van al hierdie A-listers oorskadu egter nie Van den Heever se kreatiewe offerande nie, trouens ondersteun dit die hoë gehalte van Van den Heever se kreatiewe uitset. Haar lirieke is beeldryk en mooi (“ek loop my uitroeptekens krom” [‘Huis toe’] is maar een van my gunstelinge) en ondanks die swaar onderwerpe, is die liedjies (en album, dus) nie neerslagtig nie. Dit laat die luisteraar eerder met ’n ligtheid, ’n hoopvolheid selfs. Trust me, ek maak myself baie gou tuis in ’n depressiewe gat; dié album bied nie só ’n gat nie, maar voel eerder asof Frieda haarselwers haar hand uitsteek om iemand uit so ’n gat te help. Op ‘Bon voyage’ sing Van den Heever juis “die geveg teen die flatline is al wat my dring”.
Soos die press release vir die album sê: “Dis nie ligte musiek nie, maar dit is musiek vol lig.”