Lebohang Kganye se deconstruction van fairy tales
Nie daai Wit lyfie, blou- of groenoeg meisie, mettie gladdehare
Lebohang Kganye deconstruct fairy tales en reconstruct jou persepsie van wie issie beauty en wie issie beast met haa exhibition series, en introduce jou sodoende aan Snow Black in B(l)ack to Fairy Tales.
Kganye is in gesprek met oral tradisie met form en memory as vatbare bron. Sy gie die vloer virrie oorvetel en jou innerlike kind deu haaself centre stage in die alombekende sprokie, Snow White, te plaas. Sy krap diep en gebruik haa familie se komvandaan om haa “dis waa ek was, dis waa ek is en dis waantoe ek gaan” te bepaal.
Met dit gesê, wannee ek hoor van ’n vrou wat haa plek inniem, iemand wat bankvas staan agte haa beliefs ennie worry of sy op tone trappie, raak ek vrieslik excited. Dis wat Lebohang Kganye vi my represent.
B(l)ack to Fairy Tales isse photography exhibition wat Lebohang ytgestal het in 2011, en dit wassie collection wat sy ge-showcase het byrie 59th Venice Biennale in 2022. Dit het deel ytgemaak vannie Into The Light exhibition, wat curated was deu Amé Bell, die director van David Krut Projects. Oor Kganye se wêk in B(l)ack to Fairy Tales sê Amé: “Hierdie werke is ’n poging om gapings te vul en skep sodoende tot ’n mate ’n alternatiewe werklikheid deur nuwe stories.” Die ytstalling was oek onlangs by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, KKNK.
Oor B(l)ack to Fairy Tales sê Lebohang: “As a girl, I identified with fairy tale characters such as Snow White. Our annual primary school plays were about fairytales, and I’d say, I’m Snow White and want to be her. My black skin and location became an increasing disjuncture with the fantasies I believe in. The elusive Snow White has given birth to a Snow Black.”
Lebohang is gebore in Johannesburg en het grootgewôd innie township, Katlehong. In 2014 verwerf sy haa diploma in Fine Arts byrie Universiteit van Johannesburg en is tans biesag met haa meestersgraad byrie Universiteit van Witwatersrand. Haa lys van workshops, masterclasses, talks en residencies is lank, soe ek gattit vi jou opsom: Sy maak vuur onnerie gat vannie passive every day citizens.
Lebohang onnersoek in haa kuns grotendeels die temas van geskiedenis en dié van ancestry. Sy vra vrae en grawe ou koeie op wattie baas sou wou hê jy moet vegiet. Haa wêk is tightly woven mettie geskiedenis van ôs land. Sy gebruik haa familie se komvandaan om te grawe, te explore, te rewrite, ennie belangrikste, ommie notion van wat “home” rerag is en wattit betieken om iewers te “behoort” te onnersoek.
In B(l)ack to Fairy Tales plaas Kganye haaself autobiographically as protagonis innie Westerse sprokies wat sy gelies het in haa kinnerjare, maa sy set die “one-act cameos” op in ’n South African township. Die fantasy van “happily ever after” wat aan ôs vekoep is, wôd gekontrasteer deurie realities van Kganye as kind innie township, en met dit challenge sy die effek wattie “mythical folklore” op ôsse psyche en world view het.
In hierdie spesifieke exhibition issie vraag: Watte skade hettie fairy tales aan jou gedoen? Het Snow White, Tinker Bell, Cinderella ennie anne toxic cousins jou persepsie van jouself, jou omstandighede en jou selfbeeld geaffekteer?
Die bogenoemde affect is sonne twyfel die manier hoe kinnes van kleur hulself sien, en dit plaas ’n vergrootglas oppie feit dattie Wit lyfie, blou- of groenoeg meisie, mettie gladdehare, die epitome van beauty was. Is.
Lebohang deconstruct fairy tales met die exhibition. Sy plaas haaself innie konteks as nar, as blom en soveel meer, met ’n donker gesig. Sy plaas die lig oppie skade wattie fairy tales rig aan die other.
Lebohang vat ’n belangrike gesprek voort; dit maakie saak offie mense rondom jou ammel mooi is en soes jy lyk nie, as dit wat jy oppie TV, in boeke en op skool sien, nie soes jy lyk nie, gaan jy automatically dink jy issie mooi nie, want jy sien jouself nooit represented nie.
Met apartheid sit dit dié denke van ’n kind meer in konteks, juis oorie onderdrukking, afkraking, isolasie, onreg en diskriminasie wat teen Suid-Afrikaners van kleur aangedoen is. Die wit wolf byt en blaas nou nog, maa danksy B(l)ack to Fairy Tales is baie meer mense se huise darem met bakstene gebou.
Hierdie storie is moontlik gemaak deur die Art Stories Incubator-program van Breinstorm Brand Architects, in samewerking met Klyntji, Iqoqo en die KKNK. Dit is befonds deur ’n PESP-3-toekenning wat ondersteun word deur BASA en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.
Dié storie is ingevolge ’n Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives-lisensie gepubliseer. Dit mag dus herpubliseer word onder die lisensievoorwaardes, solank ’n skakel na die oorspronklike Klyntji-storie ingesluit is, saam met die erkenning hierbo.