Om te suffer vir jou kuns is só laas century
Ryan Pedro besin oor die lewe by 'n F1 watching party
Ek is generally baie goed daarin om te weet wanneer om nee te sê vir goed. As ’n artist wat ’n living try maak van sy creative output, maar wat ook ’n strong sense of credibility en integrity try maintain deur nié die market te flood met ’n klomp half-baked shit nie, móét jy dit down hê tot ’n fine science. Wat my personal life betref, however, is ek nog ’n work in progress.
Example: die ander dag gaan ek Spar toe. Nog nie eers by die deur in nie, sneeze die security guard op my, so naturally gaan soek ek ’n stil deel van die winkel uit waar ek gou my mini-breakdown kan manage. Staan ek toe voor die Krispy Kreme display stand, voel ek ’n hand op my skouer. ’n Hand wat ek toe láter eers uitgevind het behoort aan ’n bra wat saam met my op Stellenbosch was; een van daai brasse op daai lang lys van motherfuckers wat ek ge-vow het ek gaan nooit weer sien nie. Ek was besig om te spiral, so al wat ek van die interaction kan onthou, is ’n geknik, ’n gelag en ’n overly masculine, palm-slamming, shoulder-blade-slapping groet. ’n Paar dae ná daai kry ek ’n message met ’n pin en ’n “check jou daar, tjom!”
En daai’s die storie van hoe ek opgeëindig het by ’n F1 watching party.
Die hosts is die Spar-bra en sy girlfriend. Kom ons noem hulle “die actors”. Die guests is ek, “die painter”, “die musician” en “die ander writer”. Laasgenoemde het nog nie uitgestiek nie oor een of ander personal crisis. Ek sit awkwardly op die bank, op die middelste kussing soos ’n orphan in ’n American movie wat pas by sy nuwe family afgelaai is. Daar’s baie movement in die huis – die actress wat kaasborde en bottels wyn op die koffietafel voor my kom neersit, die painter wat besig is om die vuur aan te steek, en die musician wat langs my kom neerval, oë vasgenael op wat besig is om op die TV te unfold. Die actor join ons, sê “hierdie gaan ’n morsige outjie wees” en ek try om interested te lyk, al verstaan ek nie mense se novel obsession met F1 nie. Ek verstaan nie mense se obsession met enige sport nie, for that matter, maar daai might net rooted wees in my eie shortcoming as iemand wat één ding sy life’s purpose gemaak het. Ek’s nie ’n baie well-balanced persoon nie – this I can admit. So dan sê ek net “mmmm, ’it gaan wees, ja – laaste race was epic,” gereed met al my F1 facts wat ek obtain het ná ’n paar dae van laborious research.
Ek vind egter gou uit dat dié gathering eintlik nie much te doen het met die sport sélf nie, maar meer met die social aspect daarvan; dat dit ’n geleentheid is vir die group om base te touch met mekaar. Te rant en rave oor hulle respective fields. Mostly om te rant, want turns out hulle almal is eintlik struggling artists. En eers is ek skepties, want die poesgroot TV, die delicate Persian rugs, en die pure bred French bulldog wat op sy Wagworld-hondekooitjie lê en voëls dophou deur die ceiling high windows, sê vir my iets anders. Maar dan pitch die ander writer op, ’n regte Robinson Crusoe-looking motherfucker, en ek check toe, oukei – let’s see where this goes…
Turns out hy’s laat oor hy ’n deadline moes chase. Hy strek in die rigting van die cheese platter, gryp ’n handvol crackers, cold cuts, stukkies kaas, en vertel hoe hy in die laaste week seker net drie solid meals ingekry het, want tussendeur die deadlines het hy sommer ook vyf chapters van sy novel klaargeskryf. Hy allude ook die heeltyd op die fact dat sy finances in shambles is en dat hy barely ends meet maak. Ek try baie harder om sympathy te wys, maar is swaar, want al my energy gaan toward nie uitgegross lyk deur die grotesque spectacle van moving jaw en flying saliva wat voor my sit nie. Want believe it or not, ek’s actually nog on board. I mean, ek ken hom nie, en ek ken nie sy writing nie, so wie is ek om te judge? Maybe is die pages gevaa’lik, en good writing kan amper enige iets of iemand vir my redeem. Selfs dié mossage nai.
Maar dan sê hy ’n next ding. Oor some about-that-life shit. Hy vertel ’n storie van ’n famous Afrikaanse writer en sy vrou wat back in the day, come sunshine or rain, saans buite op die stoep geslaap het. Glo om plek te maak in die huis vir al hulle manuscripts, paintings en boeke. En based op die oooh’s en die aaah’s en die awwww’s wat in die vertrek uittoring bo die klank van F1-karretjies, weet ek dis hiér waar ek my investment in die gesprek into ’n lower gear moet knock. Want sê ek iets, gaan ek maybe net soos ’n hater lyk, en as ek iets gáán sê, moet ek eers establish of ek, in fact, ’n hater is:
Sover is die odds in my favour. En daai’s based op die collective reaksie op die aforementioned storie alleen. Want ek ken die storie, en ek’t nog altyd refuse om te glo dat enige iemand só corny kan wees. En even al was dit facts, best believe hulle wat buite geslaap het, het fokkol te doen gehad met hulle boeke of hulle art nie. Daai mense het ’n vrag geld gehad. En daai’s wat geld doen – dit afford jou die opportunity om sulke cute shit te kan doen terwyl die wêreld om jou brand. Plus, hulle creative output was van ’n outstanding calibre gewees, so die fokus is hiér op die verkeerde aspects van hulle artistry. That is: die romantic notions van wat dit beteken om ’n artist te wees. Die wanopvatting dat jy special is omdat jy ’n artist is.
Daar’s niks noble meer in suffer en starve vir jou art nie. Ja, dis ’n reality wat baie mense mee faced is, maar wanneer jy na al die beste come-ups en success stories kyk, is daai net die eerste 15–20 minutes van die documentary. Niemand wil daai shit hê nie, en dis whack om dit actively te gaan uitsoek. Jou lines – spoken, sung, painted or written – gaan beter uitkom as jy kos op die tafel het, as die ligte aan is, en as jy ’n paar ekstra rand iewers stashed het vir emergencies. Só kan jy vir langer bly sit agter jou desk, tot later toe werk in die aand, en in city toe travel om daai meeting met die gallery owner of die publisher te vat. Om ’n artist te wees, is om op ’n daily basis elke resource wat jy tot jou beskikking het, te convert in die greatest resource of them all – tyd. En as jy régtig fucked is en jy’t nét tyd, kyk ’n way om jou shit bymekaar te kry. Want jy moet eet, jy moet ingeplug wees en die rent moet betaal word. Create ’n system wat ditself feed. Create harmony in jou lewe. Create die focus wat jy makeer om te werk. Want daai’s wat art is, essentially. Werk.
So nou’t ek establish dat ek nie ’n hater is nie. Ek convince ook myself dat niemand hiér ’n excuse het vir ’n failure wees nie. Nie eers die writer wat nou besig is om die pastrami sandwich wat die actress vir hom uit pity uit gemaak het, te attack soos ’n porn star uit die 70’s nie. Want julle het die resources, en julle het die tyd, dink ek by myself – julle gebruik dit net om te complain, te droom van op stoepe onder die sterre slaap, en om F1 te kyk. Julle’s nóú maybe net ’n bietjie misguided, maar julle sal fine wees. As die need vir jou om art te create urgent genoeg is, sal jy fine wees, and then some.
Plus, is ek nie die een wat nóú by sy writing desk kan gesit het nie? Is ek nie die motherfucker wat in ’n vertrek sit waar iemand pas “yes, Verstappen, jou yster!” geskree het nie; wat orange confetti uit sy dreadlocks try vis terwyl hy probeer om nie in die gesig gemoer te word met ’n Dutch flag nie? Ek moet obviously eers aan myself werk voor ek vir ander mense advice try gee.