Litema: Sesotho mural art – not die type of kuns vir consumption inne art gallery
Om dignity en care te skep
Litema /ditʼɪːma/
Litema is geometric ontwerpe wat deur Basotho-vroue gemaak is ommi mure van hulle huise te decorate. Litema (pronounced di-te-mah) gie individuals die chance om deel van ’n community te wees. Die process self is ’n invocation vanni verlede; die proses reinvent haarself vir die new generation at the same time. Die skep en die gemeenskaplike aspek daavan is truly dierbaar en heilig. Not die type of kuns wat gemaak is vir consumption inne art gallery nie – isse celebration of coming together, ook bekend as “letsema”. Ek het virri eeste keer van Litema gehoor byrri 2023-Vrystaat Kunstefees deur ’n uitstalling van die projek Architecture of Care and Engagement. Die projek is ’n investigation van community, geloofstelsels en die rol van Basotho-vroue as kunstenaars inni eastern Free State en Lesotho, tewyl die disappearance van Litema in die projek contested is.
Litema is eintlik ’n form van Sesotho mural art. Die methodolgy en creation daavan involve etching, engraving en skilderwerk (in dié geval “morella”-ontwerpe genoem) van patrone op ’n damp layer van dagha constituted van clay, water, manure en sand wat ’n nuwe layer van die huis se mure compose. Isse laborious ding om materials op te spoor en ook aan te maak. “Morella” verwys na die verskillende brightly coloured patterns gemaak deur distemper of even ’n blik vêf. Die litema designs is gewoonlik beide decorative en simbolies, wat die seasons of special events kan veteenwoordig; ’n way om die times both te document en te honour. Baie vanni designs emulate elements van die natuurlike omgewing, geploegde velde, plant life of selfs kulturele simbole. Inherently is die Litema transient, impermanent with these designs being exposed to verwering. Die Litema word dan redesign virri volgende cycle. In sekere gevalle kom die artists saam om iets as ’n unit te maak. Die praktyk van Litema is gegrond op custom. Dit is gewoonlik ook ’n praktyk wat passed down is generationally, met baie van die vroue learning die techniques van either hulle ma’s of oumas af en re-envisioning die patterns self, inne intuitive way.
Oor die Architecture of Care and Engagement (ACE): Die projek is begin om uit te vind of die associated beliefs rondom Litema nog bestaan – the beliefs in question wentel om die seasonal implementation of Litema, oo die religious beliefs aangeheg en die role of women inni gemeenskap as art-makers. In the same vein is die ACE teenwoordig om indigenous building practices aan te moedig sodat dit die loss of herkoms kan konfronteer. Die navorsing bring ook die element van die letsema deur, through studente wat field-wêk gan doen’et om oo die practice en techniques te leer en om die research questions te investigate deur conversation en engagement. Volgens ’n research article deur Gerhard Bosman, ’n dosent by die earth unit: faculty natural and agricultural sciences by UFS, het studente tydens die ACE se workshops die art van Litema geleer, maa die plaaslike artists was more than happy om vi jong women van verskeie cultural backgrounds die skill aan te leer; ’n proses wat hulle deeply gechange’et. By die Vrystaat Kunstefees was daa ’n uitstalling van plaster panels which were treated met Litema practices. Die panels reflect nie net die art-proses nie, maa ook die cultivation of care en community.
Religion, belief en ’n way of spirituality; ’n mens kan sieka ook die tradition van Litema as ritual sien. Ritual is nog altyd ’n belangrike ding vi mense, om peace te establish en infirmity at bay te hou. Litema is dalk ’n way om ’n link tussen die supernatural en physical world te stig of om ’n memory passage vi die ancestors te hou, en die decorative nature van die Litema self is praised in sy eie right. Main ding is om dignity en care deu die art wat hulle skep, te wys. Die life cycle is embodied in die feminien. ’n Body wat die gees van protection en care dra. In die context vanni Basotho, as ’n man se vrou stêf, sê die community: “His house has fallen.” Die saying plaas die klem oppi connection tussen woman, fertility en die earth. Signifying die huis as ’n simboliese womb en hoedat die huise ’n manifestation is van vroue. Myns insiens, is die celebration van die earth en identity altyd steeped in perspective, kindness en vigour wat deur ’n feminine energy kom. Die materials, Litema tools, morella, is handled met die utmost delicateness. Jy kan dit sien in die way wat die patterns form, symmetrically sonder om klinies te voel. All out en unconditional is dit op display; dit maak niks saak nie oo hoe temporal it is. Isse sacrifice, isse way om die landscape te hold en te cuddle. Isse way om meer as dankie te sê.
Ek is stilgemaak deur die project. Ek het inni lokaal gestaan en net die Litema en morella bewonder. Admiring the symmetry, uitgekerf, ’n taak wat net deur handewêk gedoen kan wôd. Dit kan jou heeldag net intrigue. Is meer as net etching op dagha, skilder op dagha, is geskep out of the artists necessity for expression, vi gemaklikheid, vi safety. En, no matter hoe fleeting en temporal hierdie kunsvorm kan wies nie, die impact daavan is everlasting. Litema is eerlikwaar meer as net ’n art practice, dit bring mense saam en bring jou nader aan die elementary gedeeltes van menswies. Dié art form kan ôs baie leer oor identiteit, unity en selfs divinity – is moeilik vi my om oo dit te skryf, want dis iets wat jy eintlik moet beleef. Cliché but true.