'Familieportret 2'
tumblr_o2ugrxtwon1ubhgpbo1_1280.jpg

Dié werk van Richardt Strydom, 1ste prys-wenner by Sasol New Signatures 2008, kyk na die effek van armoede op die mens; ’n verlies van menswaardigheid en ellende in die onmenslikmaking daarvan. Die seksuele kom ook na vore, waar armoede nie voortplanting ontmoedig nie, maar in vele dele van die wêreld dit vir een of ander rede aanspoor. ’n Hardnekkige wil om te lewe en lief te hê?