Die land van katte met horings

Die land van katte met horings
1.jpg

Peter Claassens, kunstenaar van Johannesburg, vertel ons meer van sy eerste solo uitstalling, Die land van katte met horings.

Van waar die naam?

“In ons vorige huis terwyl ek aan die solo gewerk het, het ek met die titel vorendag gekom. 

In die aande as ek buite sou rook het ’n beeld altyd my oog gevang. Ons bure se buitelig het op die randjie van ’n spesifieke klip geskyn, wat gelyk het soos ’n kat wat reg was om iets te bespring. Dié klip was niks meer in die dag as net ’n klip nie, maar in die aand was dit ’n magiese verskynsel.”

2.jpg

Hoe gekom by die uitstalling?

“Van daar af het ek begin met idees van lig en donker en hoe dit deur perspektief beïnvloed word. Dis iets eie aan elke persoon.

Soos ek met my werk gevorder het, het die titel en illustrasiewerke ’n lewe van hul eie aangeneem– ek moes maar net doen wat dit wou hê ek moes doen. Die bottom line is: obsessing, meditating en advancing. Dit was die doel waarmee ek kuns gemaak het. 

Die subject matter is altyd organies en molecular in structure. Ek weet die meeste van die tyd nie wat ek doen nie. Dit gaan oor hand movements en om ’n ritme te vind wat op ’n gegewe oomblik vir my werk.” 

Sien nog van sy werk op Behance.