Op avontuur saam met Jacques Mollentze

Op avontuur saam met Jacques Mollentze
1.jpg

Van Johannesburg tot Oppikoppi, Viëtnam en verder. Jacques Mollentze, ’n avontuurlustige kunstenaar, is travel se nuwe it boy. Jacques werk as vryskut grafiese ontwerper en all round creative. Vir die wat hom nou al ’n rukkie volg sal weet hy het al vele projekte agter die rug, van sy tepels met goue glitter verf tot beeldhouwerk van honderde klein penisse, in alle groottes en vorme, met klei as medium. Wat’s nuut vir hom? Jacques vertel dat hy binnekort die sprong maak na Viëtnam om daar te gaan werk en dit as basis te gebruik om meer van die wêreld te sien. Hy dokumenteer sy reise op Adventuring in.

2.jpg
3.jpg

Wanneer ek by die destinations uitkom waarheen ek gaan, sal ek seker beter verstaan en onthou hoekom jy so baie vir my beteken het; toe ons nog was. Vir nou is ek fine met “you go your way, and I’ll go mine!”

Eendag, hopelik, wanneer ek wyser is, wanneer ek genoeg geleer het en genoeg fun gehad het sal ek terug kom en weer saam met jou na ’n Jozi sunset sit en kyk.

Cheers vir nou, South Africa.

Jacques Mollentze sal die pad na Northam en sy Oppikoppi-ervaring deel op Klyntji se Instagram. Volg hom, volg ons.