Bitterkomix 17 nou beskikbaar
Bitterkomix17.jpg

Kuns wat brand en ander stories

Die nuwe Bitterkomix is hier! Die 17de uitgawe is opgedra aan Tienie du Plessis (1949-2015) wat die eerste comic van Anton Kannemeyer (Joe Dog) en Conrad Botes (Konradski) in die STET-tydskrif gepubliseer het. Anton sê hy was een van die grootste anargiste wat hy nog ontmoet het. Du Plessis se nalatenskap word bespreek deur van die bydraers en huldeblyke deur Breyten Breytenbach en John Miles is ook in dié uitgawe ingesluit. Bitterkomix 17 keer terug na meestal Afrikaanse inhoud met slegs een bydrae in Engels deur Joe Daly as eerste deel van sy nuwe comic. Bitterkomix het Jakana Media verlaat vir onafhanklike publiseerders, Xlibris Books en Isotrope Comics, in Kaapstad. Ook te sien in hierdie uitgawe is nuwe werk van Gerhard Human, ’n uittreksel van Karlien de Villiers se My ma was ’n mooi vrou en oudergewoonte ’n nuwe brokkie autobiografie van Anton Kannemeyer. Kopieë is aanlyn beskikbaar by Blank Books teen R200.