Athi-Patra Ruga se wêreld

Athi-Patra Ruga se wêreld
The-Elder.jpg

Athi-Patra Ruga se opkomende uitstalling, Queens in Exile, gaan oor die vertel van beter stories. Dit is egter nie ’n post-apartheid hersieningsoefening wat gate in die historiese rekord probeer vul nie. In plaas daarvan skep Ruga ’n alternatiewe wêreld, deur die opgrawing en hervorming van kollektiewe geheue en nasionale mites, met die gevolg dat ’n plek ontstaan waar koninginne heers. 

Ruga skep identiteite en gebruik dit as ’n manier om die bestaande politieke en sosiale status quo te kritiseer deur parodie. Sy “Queens” neem alle vorme van die Other aan, wat dui op die sistematiese uitwissing van swart, queer, femme en trans liggame en identiteite deur honderde jare se kolonisasie. 

Queens-in-Excile-Video-Still-2-935x532.jpg

Dié substantiewe liggaam werk, ’n kulminasie van vier jaar se voortuitgang deur die kunstenaar, word op drie vloere aangebied - tesame ’n elektrifiserende videowerk (voorskou hieronder). Die uitstalling keer terug van die Louis Vuitton-stigting in Parys waar dit vir ’n verlengde tydperk vertoon is. 

Sy subjekte is bo-en-behalwe die politiese konteks steeds mens, waar liefde en intimiteit nie misken word nie. “The queen in exile is a lonely queen; she eats love and she’s always hungry for more.” Ruga se werk kyk nie net na die verlede nie, maar ook vorentoe met hoop.

8.jpg

 

  • Die uitstalling wys van 29 November 2017 tot 27 Januarie 2018 by WHATIFTHEWORLD Kaapstad.

redakteur@klyntji.com