'n Plek vir jou gedigte en gedagtes

'n Plek vir jou gedigte en gedagtes
Grun.gif

Dis Net Jy is soos die notes app op jou foon. Dis daar vir jou random idees en gedagtes, en jou gedigte. Dis om vir 'n vreemdeling 'n brief te skryf en dit in die pad te los, sodat iemand dit ten minste sal lees. Pluspunt, dis omgewingsvriendelik. 

Die naam is geïnspireer deur 'n gedig van NP van Wyk Louw, Die liefde in my, dit lees: 

Die liefde in my
Dis altyd jy, net altyd jy,
die een gedagte bly my by
soos skadu's onder bome bly,
net altyd jy, net altyd jy.
 
Langs baie weë gaan my smart,
blind is my oë en verward,
is alle dinge in my hart.
 
Maar dit sal een en enkeld bly,
en aards en diep sy laafnis kry,
al staan dit winter, kaal in my,
die liefde in my, die liefde in my.

Vir AH Welgemoed, wat met Dis Net Jy opgekom het, is dit 'n gedig wat altyd 'n gevoel van eensaamheid by hom opdring. "Ek sien dit altyd as 'n persoon wat in die spieël staar en met hom of haarself praat – baie dieselfde gevoel as wat Son House se Grinnin' In Your Face my gee," vertel hy.

Daar is geen likes of claps of comments nie, Dis Net Jy, nou deel dit. 

Skryf vir ons! kontak@klyntji.com