Klyntji stuur hierdie illustreerder en digters OppiKoppi toe

Klyntji stuur hierdie illustreerder en digters OppiKoppi toe
Illustrasie_OPPIKOPPI_emmawillemien.jpg

Illustrasie deur Emma Burger


Ons het onlangs 'n roeping gemaak vir gedigte en illustrasies, wat oor enige aspek van OppiKoppi gaan. Die idee was om te barter met creatives: jou poem of illustration vir OppiKoppi kaartjies. Sien die call in Afrikaans en Engels. Laat dit só opgeteken wees. Thanks vir al die submissions. Hier is die gelukkige uitverkorenes.

 

Nomakanjani,
noba wat!
Maakie saakie;
kakpraat issie main ding!

Die stof spat;
die ding ruk;
doef-doef se voete jeuk! 

My bru, ga djy kaalgat hardloep met daai klein tollie?

ek soek my tent, 
en my kopseer-pille, 
en my dignity!

Vigiet van jou desk job, my bru
djy ga nooit wee die beat só heavy hoor drop nie:
"doef-doef..."
"...'jy weet mos, jy weet mos'
ons is die stilte
ons is die bos…"

doef-doef
ruk die ding,
spat die stof,
maakie saakie,
noba wat,
Nomakanjani!

Gedig deur Ivor Swartz

 
IMG_7349.jpeg

Gedig deur Moné Schalekamp

 

Iets vir die pad: