Sixteen Jones metamorfeer in Die Antwoord se nuwe musiekvideo

Sixteen Jones metamorfeer in Die Antwoord se nuwe musiekvideo

Die onheilighede duur voort. Die Antwoord het pas 'n musiekvideo vir hul song 'Alien' release, van hulle album Mount Ninji and da Nice Time Kid (2016). Volgens Ninja en Yo-landi was hierdie hulle tweede laaste album saam as groep, met die laaste The Book of Zef wat in hierdie jaar verwag word. Hulle wil dan aanbeweeg na ander solo-projekte, ná die maak van 'n vollengte film oor Die Antwoord (wat nie Chappie is nie).

Die groep was al van vele dinge beskuldig, o.a. cultural appropriation, blackface en kopiëring van Jane Alexander se The Butcher Boys. Dit wil egter voorkom of hierdie video met minder kritiek bejeën sal word. Dit kan saam met die wêreldwye migrantekrisis en Trump se verdelende presidentskap gelees word, ook as 'n kreet van samesyn met die underdog.

Yo-Landi speel die alien, wat metamorfeer as 'n meisie gespeel deur die duo se dogter, Sixteen Jones. Sy is toenemend in die musiekgroep se foto's en video's te sien. Die kostuums en styling is deur Gabrielle de Gersigny gedoen, wat as stylist met die meeste van die groep se (omstrede) video's en fotosessies betrokke was.

die antwoord alien.jpg