FAKA is die Suid-Afrikaanse duo wat wêreldwyd opslae maak

FAKA is die Suid-Afrikaanse duo wat wêreldwyd opslae maak

Dit gaan vir FAKA, soos vir baie ander, oor verteenwoordiging. Om raakgesien te word, keer dat jy weggevee en onderdruk word. Wat Fela Gucci en Desire Marea doen is nie subtiele oorreding nie, dit is volskaalse indringing tot 'n plek van sigbaarheid. Die twee stel dit pertinent dat hulle meer as bloot 'n performance art duo is, maar eerder 'n queer black movement. Hulle maak gebruik van 'n reeks mediums wat strek van klank, live performance, literatuur, video en fotografie om 'n estetika te skep wat praat oor hulle ervarings as swart queer bodies, wat die "cis-hetero-topia" van post-koloniale Afrika navigeer. Hulle werk is geskoei op die bymekaarkomplek van ras, geslag, seksualiteit en spiritualiteit.

'n Onlangse hoogtepunt vir FAKA was toe hulle uit die bloute uit deur Donatella Versace, in 'n private jet opgetel is om met haar te ontmoet. Hulle lied Uyang'khumbula (genre: gqom, hieronder) is deur Donatella gekies om te speel met die bekendstelling van Versace se SS18-reeks in Milan. Die duo is van kop tot toon in Versace aangetrek en het front row seats ontvang vir die modebekendstelling as deel van hulle rojale verwelkoming, het die groep aan Mamba vertel. Alhoewel hulle aanvanklik beperkte steun plaaslik ontvang het, is Fela en Desire al vir die afgelope drie maande in Duitsland besig met hulle werk. FAKA is al in talle publikasies gefeature, met 'n noemenswaardige insluiting in i-D se dokumentêr van Mykki Blanco in Johannesburg.

Sien ook Bubblegum Club se feature oor FAKA, met foto's deur Viviane Sassen.

Skryf vir ons! kontak@klyntji.com