Klyn Begin – Anhou Win

Ondersteun Klyntji

* Bedrag
Enige kredietkaart / EFT deur Absa, Standard Bank, FNB of Nedbank
 
snapcode.png

Gee Klyntji ’n hupstoot!

Op die 15de en 16de Januarie 1896, by die eerste Afrikaanse taalkongres, het Jan Lion Cachet ’n heildronk ingestel – ná sy tafelgebed – op Ons Klyntji, die heel eerste Afrikaanse tydskrif. Dit is net ’n paar uur vroeër deur hom en sy mede-kalante aan die lewe geroep. Ek sou eers heelwat later van hierdie brokkie geskiedenis verneem.

Fast forward na die tyd van die Voëlvry-beweging in die 1990’s. Die mense het genoeg gehad. Hulle sing: Sit dit af, sit dit af! Koos Kombuis het geweet van dié tydskrif wat na omtrent 10 jaar se maandelikse verskyning finansieel gesneuwel het. Onder sy redakteurskap verskyn Ons Klyntji weer as ’n protes-zine vir ieder en elk.

Hy gee later die leisels oor aan Toast Coetzer en Erns Grundling, wie tot vandag toe saam met Alice Inggs en ander medewerkers jaarliks ’n nuwe jaargang van Ons Klyntji as zine uitgee. Dit is meestal ’n labour of love, maar mense help om die drukgeld te borg en bydraers stuur inhoud van heinde en ver.

In 2014 ontstaan die onafhanklike Klyntji.com – ek het grootgeword met die internet en wou Ons Klyntji in hierdie vorm aan die wêreld bekendstel. Eie aan die oorspronklike leuse, Klyn Begin – Anhou Win, ontwikkel die webjoernaal tot waar dit vandag is. Ek hoop dat jy Klyntji sal ondersteun, as ’n nodige diverse, alternatiewe en progressiewe stem.

Dit is uiteraard onse Klyntji.

Francois Lion-Cachet
redakteur@klyntji.com

46779809_2297387300491798_8716101833300377600_o.jpg

Dankie aan ons weldoeners

Eben Keun, Henk Serfontein, Antonia Steyn, Stefan van Zyl