Sedert 1896

Ondersteun Klyntji

Dit kos ’n paar duisend rand om Klyntji jaar-tot-jaar aan die gang te hou. Met ’n bietjie hulp van ons vriende kan ons dit doen.


Word 'n intekenaar

Ons gee jou onderaan hierdie bladsy erkenning
Aftrekbaar van enige krediet- of debietkaart
R
Jy kan dit enige tyd laat wysig of kanselleer
Los 'n boodskap, as jy wil

Maak 'n eenmalige donasie

* R
Krediet- of debietkaart / Instant EFT
snapcode.png

Gee Klyntji ’n hupstoot!

Op die 15de en 16de Januarie 1896, by die eerste Afrikaanse taalkongres, het my oeroupa Jan Lion Cachet ’n heildronk ingestel – ná sy tafelgebed – op Ons Klyntji, die heel eerste Afrikaanse tydskrif. Dit is net ’n paar uur vroeër deur hom en sy mede-kalante aan die lewe geroep. Ek sou eers heelwat later van hierdie brokkie geskiedenis verneem.

Fast forward na die tyd van die Voëlvry-beweging in die 1990’s. Die mense het genoeg gehad. Hulle sing: Sit dit af, sit dit af! Koos Kombuis het geweet van dié tydskrif wat na omtrent 10 jaar se maandelikse verskyning finansieel gesneuwel het. Onder sy redakteurskap verskyn Ons Klyntji weer as ’n protes-zine vir ieder en elk.

Hy gee later die leisels oor aan Toast Coetzer en Erns Grundling, wie tot vandag toe saam met Alice Inggs en ander medewerkers jaarliks ’n nuwe jaargang van Ons Klyntji as zine uitgee.

In 2014 ontstaan die onafhanklike Klyntji.com – ek het grootgeword met die internet en wou Ons Klyntji in hierdie vorm aan die wêreld bekendstel. Eie aan die oorspronklike leuse, Klyn Begin – Anhou Win, ontwikkel Klyntji as webjoernaal tot waar dit vandag is. Ek hoop dat jy Klyntji sal ondersteun, as ’n nodige diverse, alternatiewe en progressiewe stem.

Dit is uiteraard onse Klyntji.

Francois Lion-Cachet
redakteur@klyntji.com

46779809_2297387300491798_8716101833300377600_o.jpg

Dankie aan ons intekenaars en donateurs

Eben Keun, Henk Serfontein, Antonia Steyn, Stefan van Zyl, Jan Desseyn, Elna van der Merwe, A. Bruwer, Ernst Gouws, Marti Björkman, Marianne Fassler, Jaco van der Merwe