’n Nuwe hoofstuk vir Klyntji • $$PLAIN_TEXT_PREVIEW$$

Mercy Kannemeyer lees nie nuusbriewe nie

 

Van die redakteur

Klyntji het oorgeslaan na ’n nuwe hoofstuk. Vir die eerste keer sedert dié webjoernaal se ontstaan in 2014, het ons beskikbare begroting om bydraers te vergoed. Ons is dus op soek na inhoudsvervaardigers: wil jy vir Klyntji skryf of visuele inhoud vervaardig? Hier is inligting oor voorleggings. Klyntji bly nie-kommersieel ingestel om diverse en progressiewe kuns en kultuur te bevorder. Hoe klink en lyk Afrikaans en Suid-Afrikanerskap? Die antwoord lê opgesluit in oneindige veelvoude.

Klyntji word bestuur deur ’n groeiende redaksie en gereelde bydraers kan in aanmerking geneem word vir redaksionele posisies. My dank gaan veral aan Elodi Troskie, inhoudsredakteur, en Elzanne Coetzee, teksredakteur, wat vir ’n paar jaar heeltemal vrywillig Klyntji help uitbou het, sowel as talle ander bydraers.

As onafhanklike publikasie maak ons staat op lesers se donasies, beide eenmalig en maandeliks. Ons bedieningkostes word deur lesersgeld gedek, maar ons moet nog vanjaar heelwat insamel om gelyk te breek. Jy kan Klyntji steun van so min as R20 p/m of ’n eenmalige bedrag van jou keuse – jy word boonop op die naam erken as ’n vriend van Klyntji. Wat is Klyntji vir jou werd?

Ons Kaapse vriende wat werk aan die jaarlikse Ons Klyntji zine in gedrukte formaat het sopas die oproep om bydraes vir vanjaar se zine oopgemaak. Jy het tot 27 Junie om jou werk voor te lê. Vorige jaargange is as PDF’s beskikbaar in die digitale Ons Klyntji-argief.

Hier is ’n paar van ons stories sedert ons vorige nuusbrief.

Francois Lion-Cachet
Hoofredakeur

 

Hier ga’t ons!

Sondag met Lady Skollie by haar swembad in Killarney

'n Omvangryke, no shame no shade onderhoud.

In gesprek met Amy Jephta, director en medeskrywer van Barakat

Finally 'n accurate representation van wat ôs al vi generations ken.

Dalton Smit: nie Afrikanerseun, maar Fyn Boi

'n MA in mode gebaseer op 'n genderqueer Instagram-persona.

Een spreker, twee tale aan die Universiteit Stellenbosch

Inge Engelbrecht oor vasgevang wees in die US-taaldebat.

Ashwin Arendse se Swatland

Poetry met purpose.

Volksmoeder Tannie Aletta Francina de Kock

In gesprek met jou gunstelingtante op Instagram.

Andries Buys oor Afrikaans, geloof, die reg en letterkunde

Skrywer van Die dao van Daan van der Walt, in Engels vertaal deur Michiel Heyns.

Wilma Stockenström en Alain Mabanckou se kremetart

Aan die hand van Wilma Stockenström en Alain Mabanckou.

Willem Anker: 'Miskien is dit reeds te laat'

Die skrywer oor Skepsel en wat ons moet leer voor ons 'die hele planeet opneuk'.

Wat ek by Oos-Europeërs op Zoom geleer het

Jy is tog Pools, en ek Afrikaans.

Veronique Jephtas praat nie ommie bos nie

Protespoësie as 'n weapon of choice.

Scum Boy en die uitput van #gonswoorde soos Gender, Identiteit en GenZ

Meer speel, minder boksies in 'n rassistiese klimaatskrisis.

'n Lys van Afrikaanse en plaaslike podsendings

Ons het Klyntji-lesers gevra waarna hulle luister.

BORG KLYNTJI: klyntji.com/skenk

STORIE-VOORLEGGINGS: klyntji.com/voorleggings

“As jy nie deel is van hierdie gemeenskap nie, is jy genooi, met plesier. Maa os gaan nie vi jou ’n orientation gie nie, en os gan ookie osself plaas in relation tot jou nie. Val net in.”

— Amy Jephta

 TUISBLAD 
 

Klyntji se storievervaardiging word ondersteun deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (TAKKE)

Sedert 1896 / © Klyntji (geïnk)

facebook twitter instagram

Klyntji, Johannesburg, 2193, Suid-Afrika

Unsubscribe